Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Curriebeker-halfeindstryde word Saterdag gespeel. Gegewe die statistieke word twee taai wedstryde in die vooruitsig gestel.
    • Eerstens speel die Haaie om 14:30 teen die Bulle in Durban. Die Haaie spog met die meeste aangeë en het die tweede beste verdedigingsrekord in die Curriebeker-reeks. Die Bulle spog op hul beurt met die meeste drieë, naamlik 64, en hulle het ook die meeste keer die bal gedra. Boonop spog die Bulle met die voorste driedrukker, naamlik die heelagter, Warrick Gelant.
    • In die tweede halfeindstryd speel die WP teen die Leeus om 17:00 op Nuweland in Kaapstad. Die WP het die hoogste duikpersentasie, naamlik 88,8%. Op hul beurt is die Leeus se Jaco van der Walt die mees suksesvolle skopper onder die topvier spanne. Hy het met 88,6% skoppe geslaag.
  • Sewesrugby

Die Springbok Stephan Dippenaar het sy uittrede uit rugby aangekondig. Hy het Suid-Afrika 21 keer in sewestoernooie verteenwoordig. Hy sal voortaan by sy familie se plaas in die Wes-Kaap in aksie wees.

Hokkie

Die Afrika-Nasiesbeker se eerste wedstryde word Maandag gespeel. Suid-Afrika se vrouespan se eerste wedstryd is teen Kenia. Ons manspan sal Maandag teen Zambië te staan kom.

Tennis

  • By die Europese Ope in België is David Goffin die week eerste gekeur en Jo-Wilfried Tsonga tweede.
  • By die Kremlin-beker in Moskou is Maria Sharapova in die eerste ronde uitgeskakel.
  • Die twee Suid-Afrikaners, Kevin Anderson en Raven Klaasen, is albei onder die genomineerdes vir vanjaar se ATP-toekennings. Die publiek kan by atpworldtour.com stem vir hul gunstelingspelers.

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Australië word Sondag gejaag. Dit is die derde laaste wedren van die jaar.
  • Ná ʼn week se blaaskans sal die Formule Een-spanne Sondag in Amerika aantree vir die vierde laaste wedren van 2017. Lewis Hamilton is 59 punte voor Sebastian Vettel.

Krieket

  • Suid-Afrika speel vandag teen Bangladesj in hul tweede Eendag-kragmeting. Die wedstryd begin vanoggend om 10:00 in die Paarl. Wayne Parnell sal die res van die reeks misloop weens ʼn besering. Die Highveld Lions se veelsydige Wiaan Mulder vervang Parnell.
  • KSA het gister bekend gemaak dat die Dolphins se veelsydige speler, Robbie Frylinck, in die Proteas se T20-span opgeneem is vir aanstaande week se twee kragmetings teen Bangladesj.
  • Pakistan en Sri Lanka pak mekaar ook vandag in hul derde eendagwedstryd in Abu Dhabi. Pakistan loop met 2-0 voor in dié reeks.
  • Drie wedstryde word tans in die Sunfoil meerdag-reeks Ná dag twee staan sake só in die eerste beurte:

Kaapstad

Warriors 347

Cape Cobras 97/2 (26 bb)

Uitskeityd: Cape Cobras is 250 lopies agter met 8 paaltjies staande.

Pietermaritzburg

Titans 500/6 verklaar (Dean Elgar 237 nun)

Dolphins 48/1 (27 bb)

Uitskeityd: Dolphins is 452 lopies agter met 9 paaltjies staande.

Potchefstroom

Lions 464/10

Knights 154/3 (52 bb)

Uitskeityd: Knights is 310 lopies agter met 7 paaltjies staande.

Gholf

  • In die PGA-reeks val die fokus die week op die CJ Beker in Suid-Korea.
  • In die Europese reeks verskuif die aksie na Spanje. Die Valderrama Meesters word deur Sergio Garcia se stigting aangebied.
  • Die wêreld se topvroue pak mekaar tydens die LPGA-toer in die Taiwannese Kampioenskap. Die toernooi begin ook môre.

Sokker

  • In die Eufa-kampioeneliga is agt wedstryde gisteraand gespeel.
  • Twee kragmetings is gisteraand in die plaalike Premierliga

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.