- Suid-Afrika het gister in die Paarl teen Bangladesj in hul tweede Eendag-kragmeting gespeel.
Suid-Afrika 353/6 (50 bb)
AB de Villiers het 176 lopies van 104 balle gemoker. Dit was sy hoogste telling nóg in eendagkrieket.
Bangladesj 249 (47.5 bb)
Suid-Afrika wen met 104 lopies en loop met 2-0 voor in die reeks van drie wedstryde.
- Pakistan en Sri Lanka het in hul derde eendagwedstryd in Abu Dhabi kragte gemeet.
Sri Lanka 208 (48.2/50 bb)
Pakistan 209/3 (42.3/50 bb)
Pakistan wen met 7 paaltjies met 45 balle oor en beklink die reeks met 3-0.
- Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks loop vandag ten einde. Ná dag die derde dag staan sake só:
Kaapstad
Warriors 347 & 12/1 (6 bb)
Cape Cobras 530/8d
Uitskeityd: Warriors is 171 lopies agter met 9 paaltjies staande.
Pietermaritzburg
Titans 500/6 verklaar
Dolphins 216 & 160/2 (47 bb, opvolgbeurt)
Uitskeityd: Dolphins is met 124 lopies agter met 8 paaltjies staande.
Potchefstroom
Lions 464/10 & 198/2 verklaar
Knights 261 & 35/1 (16 bb, teiken is 402)
Uitskeityd: Knights benodig 367 lopies met 9 paaltjies staande.
Rugby
Kom ons loer na die bepalings vir die naweek.
- Curriebeker-halfwedstryde word Saterdag gespeel.
- In die Europese Kampioene-liga is daar die naweek tien wedstryde geskeduleer:
Tennis
- In die Europese Ope in België is die derde gekeurde Nick Kyrgios, in die ronde van 16, deur die ongekeurde Ruben Bemelmans in drie stelle uitgeskakel.
- In die Kremlin-bekertoernooi in Moskou moes die eerste en tweede gekeurde Kristina Mladenovic en Coco Vandeweghe hul tassies pak.
Motorwedrenne
- Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag afgehandel. Intussen het Robert Kubica ná ʼn afwesigheid van sewe jaar ʼn Williams-motor in Hongarye toetsbestuur. Dit was die 32-jarige Kubica se tweede toets saam met Williams.
- Die Moto GP van Australië word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes sal reeds môre afgehandel word.
Gholf
- In die PGA-reeks het die spelers vroeër vandag afgeslaan in die CJ-beker in Suid-Korea. Die vroeë voorlopersbord lyk só:
- By die Valderrama Meesters in Europa sal twee Suid-Afrikaners hul staal toon. Hulle is Justin Walters en Zander Lombard.
- Op die LPGA-toer het die Taiwanse Kampioenskap vanoggend begin. Op die vroeë voorlopersbord was die naam van Brittany Altomare bó aan die lys.
Sokker
- In die Eufa-kampioeneliga is agt wedstryde gisteraand gespeel.
- Vyf kragmetings is gisteraand in die plaalike Premierliga