Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in die Paarl teen Bangladesj in hul tweede Eendag-kragmeting gespeel. 

Suid-Afrika    353/6 (50 bb)

AB de Villiers het 176 lopies van 104 balle gemoker. Dit was sy hoogste telling nóg in eendagkrieket.

Bangladesj    249 (47.5 bb)

Suid-Afrika wen met 104 lopies en loop met 2-0 voor in die reeks van drie wedstryde.

  • Pakistan en Sri Lanka het in hul derde eendagwedstryd in Abu Dhabi kragte gemeet.

Sri Lanka       208 (48.2/50 bb)

Pakistan        209/3 (42.3/50 bb)

Pakistan wen met 7 paaltjies met 45 balle oor en beklink die reeks met 3-0.

  • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks loop vandag ten einde. Ná dag die derde dag staan sake só:

Kaapstad

Warriors 347 & 12/1 (6 bb)

Cape Cobras 530/8d

Uitskeityd: Warriors is 171 lopies agter met 9 paaltjies staande.

Pietermaritzburg

Titans 500/6 verklaar

Dolphins 216 & 160/2 (47 bb, opvolgbeurt)

Uitskeityd: Dolphins is met 124 lopies agter met 8 paaltjies staande.

Potchefstroom

Lions 464/10 & 198/2 verklaar

Knights 261 & 35/1 (16 bb, teiken is 402)

Uitskeityd: Knights benodig 367 lopies met 9 paaltjies staande.

Rugby

Kom ons loer na die bepalings vir die naweek.

  • Curriebeker-halfwedstryde word Saterdag gespeel.
  • In die Europese Kampioene-liga is daar die naweek tien wedstryde geskeduleer:

Tennis

  • In die Europese Ope in België is die derde gekeurde Nick Kyrgios, in die ronde van 16, deur die ongekeurde Ruben Bemelmans in drie stelle uitgeskakel.
  • In die Kremlin-bekertoernooi in Moskou moes die eerste en tweede gekeurde Kristina Mladenovic en Coco Vandeweghe hul tassies pak.

Motorwedrenne

  • Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag afgehandel. Intussen het Robert Kubica ná ʼn afwesigheid van sewe jaar ʼn Williams-motor in Hongarye toetsbestuur. Dit was die 32-jarige Kubica se tweede toets saam met Williams.
  • Die Moto GP van Australië word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes sal reeds môre afgehandel word.

Gholf

  • In die PGA-reeks het die spelers vroeër vandag afgeslaan in die CJ-beker in Suid-Korea. Die vroeë voorlopersbord lyk só:
  • By die Valderrama Meesters in Europa sal twee Suid-Afrikaners hul staal toon. Hulle is Justin Walters en Zander Lombard.
  • Op die LPGA-toer het die Taiwanse Kampioenskap vanoggend begin. Op die vroeë voorlopersbord was die naam van Brittany Altomare bó aan die lys.

Sokker

  • In die Eufa-kampioeneliga is agt wedstryde gisteraand gespeel.
  • Vyf kragmetings is gisteraand in die plaalike Premierliga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.