Vandag se sportnuus

Rugby

  • Op die Internasionale front vier Suid-Afrika vandag ons tweede Wêreldbekeroorwinning in 2007. Die Bokke het Engeland met 15-6 in Parys, Frankryk, geklop om die Web Ellis-troefee vir ʼn tweede keer te verower.
  • Lima Sopoaga sal môre as losskakel vir die All Blacks uitdraf in hul Bledisloe-kragmeting teen Australië. Hy vervang die beseerde Beauden Barrett. Dit sal Stephen Moore se laaste toets op tuisbodem wees. Die kragmeting begin môre om 11:00 in Brisbane.
  • Kom ons loer na die bepalings vir die naweek se Curriebeker-halfwedstryde wat môre gespeel word.
  • Die Haaie het hul sterkste moontlike span gekies vir die kragmeting. Kobus van Wyk is terug op vleuel en Jean-Luc du Preez sal die no. 7 trui dra. Louis Schreuder speel skrumskakel vir die Haaie.
  • Die Bulle het nie getorring aan hul span nie. Jannes Kirsten is ingesluit in die groep van 23 terwyl daar gewag word om te sien of die slot, Ashton Fortuin, ʼn fiksheidstoets kan slaag.
  • Vir die WP sal Dillyn Leyds op heelagter uitdraf met Damian Willemse wat na die bank skuif.
  • Die Leeus het hul span weer vol Springbokke gelaai vir die stryd op Nuweland. Malcolm Marx sal in die beginspan opdraf.

Krieket

  • Suid-Afrika se openingskolwer, Hashim Amla, gaan Sondag ʼn ruskans kry tydens die derde Eendagwedstryd teen Bangladesj in Oos-Londen. Amla het in sy laaste vier wedstryde drie honderdtalle vir die Proteas aangeteken. Hy word vervang deur Aiden Markram.
  • Pakistan en Sri Lanka speel vandag in hul vierde Eendagwedstryd teen mekaar. Pakistan loop met 3-0 voor in dié reeks.
  • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister ten einde geloop. Al drie wedstryde het onbeslis geëindig.

Kaapstad

Warriors 347 & 229/2

Cape Cobras 530/8d

Pietermaritzburg

Titans 500/6d

Dolphins 216 & 427/4 (f/o)

Potchefstroom

Lions 464 & 198/2d

Knights 261 & 238/3 (target: 402)

Tennis

  • By die Europese Ope in België het die eerste én tweede gekeurde David Goffin en Jo-Wilfried Tsonga deurgedring na die kwarteindstryd.

Motorwedrenne

  • Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag afgehandel. Lewis Hamilton is op soek na sy vyfde oorwinning in ses jaar in Texas. Die groot vraag is of Ferrari weer gaan tou opgooi soos tydens die vorige twee wedrenne. Op die punteleer spog Lewis Hamilton met ʼn 59 punte-voorsprong oor Sebastian Vettel.
  • Die Moto GP van Australië word ook Sondag gejaag. Andrea Dovizioso sal sy agterstand op Marc Marquez verder wil laat krimp. Dovizioso het verlede week sy vyfde oorwinning van die seisoen op ʼn nat baan behaal en hy is nou net 11 punte agter Marquez.

Gholf

  • In die PGA-reeks het die spelers vroeër vandag in die tweede ronde van die CJ Beker in Suid-Korea afgeslaan.

  • By die Valderrama Meesters in Europa is die eerste ronde gister afgehandel.
  • Op die LPGA-toer het die Taiwanse kampioenskap gister begin. Aan die einde van die eerste ronde was Eun-Hee Ji die alleenvoorloper ná ʼn ronde van 66 houe. Dit was drie houe beter as dié van haar naaste teenstanders.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga begin dié naweek se aksie reeds vandag:
  • In die plaalike Premierliga word daar die naweek sewe wedstryde gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kiepie ·

Daar is nou presies 12 wedstryde gespeel in die plaaslike Sunfoil-reeks en daar was nie een enkele uitslag nie. En dan vra mense hoekom ons spelers sukkel om die sprong van plaaslike na internasionale krieket te maak. Ingesteldhied!!

piet de jager ·

Is die Curriebeker Eersteliga eindstryd wat vandag in Welkom gespeel word tussen die Griffons en die Luiperds dan glad nie nuuswaardig nie????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.