Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die All Blacks het Saterdag in hul Bledisloe-kragmeting teen Australië in Brisbane gespeel en pak gekry. Die Wallabies was baas met 23-18.
  • Die Curriebeker-halfwedstryde is die naweek beslis en die eindstryd sal Saterdag op Kingspark in Durban tussen die Haaie en Stormers beslis word.

Motorwedrenne

  • Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix is gister afgehandel. Lewis Hamilton het sy vyfde oorwinning in ses jaar in Texas behaal en verseker dat hy as wêreldkampioen gekroon word.
  • Die Moto GP van Australië is ook gister afgehandel. Andrea Dovizioso wat tweede op die punteleer was, kon net 13de eindig.

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in die derde en laaste Eendag-wedstryd teen Bangladesj in Oos-Londen gespeel.

Suid-Afrika    369/6             (50 bb)

Bangladesj    169                 (40.4 / 50 bb)

Suid-Afrika wen met 200 lopies gewen en verower die reeks met 3-0.

Quinton de Kock is as speler van die reeks aangewys.

Faf du Plessis het ʼn laerugbesering opgedoen en moes die veld verlaat nadat hy 91 lopies van net 67 balle gestaan het. Hy sal nie in die T20-wedstryde in aksie wees nie. JP Duminy sal die kaptein wees terwyl die veelsydige Dwaine Pretorius as plaasvervanger in die groep opgeneem is.

  • Pakistan en Sri Lanka het in hul vierde Eendag-wedstryd teen mekaar op die veld gestap en Pakistan het weer koning gekraai. Pakistan is nou met 4-0 voor in die reeks van vyf wedstryde. Die laaste wedstryd word vandag gespeel.
  • Zimbabwe speel tans teen die Wes-Indiese Eilande in Bulawayo in hul eerste toets. Ná dag twee het sake só gestaan teen uitskeityd:

Wes-Indiese Eilande 219 & 88/1 (33 bb)

Zimbabwe 159

Windies is met 148 lopies voor met 9 paaltjies staande.

  • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks begin vandag.

 

Tennis

  • By die Europese Ope in België het Juan Martin del Potro vir Grigor Dimitrov in die eindstryd met 6-2 en 6-4 verslaan.
  • In Vrouetennis het Gabine Muguruza maklik by die WTA-finaal in die groepfase vir Jelena Ostapenko geklop. Karoline Plíšková het ook met Venus Williams afgereken.

Gholf

  • In die PGA-reeks is die CJ Beker in Suid-Korea voltooi.

 

  • Die Valderrama-meesterstoernooi in Europa is ook gister voltooi.
  • Op die LPGA-toer het die Taiwannese Kampioenskap ten einde geloop.

Eun-Hee Ji het met 6 houe geseëvier nadat sy op -17 geëindig het.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is verskeie wedstryde die naweek gespeel:

 

  • In die plaalike Premierliga is daar die naweek sewe wedstryde afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.