Vandag se sportnuus

Rugby

  • Op die jongste wêreldranglys beklee Suid-Afrika die 5de plek.
  • Die Curriebeker-eindstryd word Saterdag op Kingspark in Durban tussen die Haaie en Stormers beslis. Daar is spelers aan albei kante wat tans sukkel met beserings. Dit sluit spelers in soos EW Viljoen van die WP en S’busiso Nkosi van die Haaie.

Motorwedrenne

  • Ná die Amerikaanse Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton gemaklik voor en het reeds seker gemaak hy is die wêreldkampioen vir 2017.
  • Ná die Moto GP van Australië is Marc Marques nou verder voor op die punteleer.

Krieket

  • Suid-Afrika speel vandeesweek in twee T20-wedstryde teen Bangladesj. Die eerste een is Donderdag in Bloemfontein, met die laaste een Sondag op Potchefstroom.
  • Pakistan het Sri Lanka gister in hul vyfde Eendag-wedstryd geklop om die reeks met 5-0 te verower.

Sri Lanka      103 (26.2/50 bb)
Pakistan        105/1 (20.2/50 bb)

Pakistan wen met 9 paaltjies met 178 balle oor.

  • Zimbabwe speel teen die Wes-Indiese Eilande in Bulawayo in hul eerste toets. Ná dag drie het sake teen uitskeityd só gestaan:

Wes-Indiese Eilande         219 & 369/8 (122.3 bb)
Zimbabwe                            159

Wes-Indiese Eilande is 429 lopies voor met 2 paaltjies staande.

  • Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister begin.

Oudtshoorn

Dolphins 310/8 (93 bb)
Cape Cobras

Kimberley

Warriors 120/2 (40 bb)
Knights

Johannesburg

Lions 180
Titans 96/2 (21.3 bb)

Uitskeityd: Titans is 84 lopies agter met 8 paaltjies staande in hul eerste beurt.

Tennis

  • By die WTA-vrouefinaal in Singapoer is die groepfase gister voortgesit.

Gholf

  • Die eerste drie plekke op die wêreldranglys vir mans word nou deur Amerikaners gevul:
  • Onder die vroue is Suid-Afrika se Lee-Anne Pace 98ste op die wêreldranglys.

Sokker

  • Ná Cristiano Ronaldo se uitstekende seisoen verlede jaar is hy gisteraand in Londen as Fifa se beste manspeler van die jaar aagewys. Real Madrid het die glansryke aand in Londen oorheers.
  • In die Engelse Premierliga is Man City nou vyf punte voor Man United.
  • In die plaaslike Premierliga is Baroka die voorlopers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.