- Op die jongste wêreldranglys beklee Suid-Afrika die 5de plek.
- Die Curriebeker-eindstryd word Saterdag op Kingspark in Durban tussen die Haaie en Stormers beslis. Daar is spelers aan albei kante wat tans sukkel met beserings. Dit sluit spelers in soos EW Viljoen van die WP en S’busiso Nkosi van die Haaie.
Motorwedrenne
- Ná die Amerikaanse Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton gemaklik voor en het reeds seker gemaak hy is die wêreldkampioen vir 2017.
- Ná die Moto GP van Australië is Marc Marques nou verder voor op die punteleer.
Krieket
- Suid-Afrika speel vandeesweek in twee T20-wedstryde teen Bangladesj. Die eerste een is Donderdag in Bloemfontein, met die laaste een Sondag op Potchefstroom.
- Pakistan het Sri Lanka gister in hul vyfde Eendag-wedstryd geklop om die reeks met 5-0 te verower.
Sri Lanka 103 (26.2/50 bb)
Pakistan 105/1 (20.2/50 bb)
Pakistan wen met 9 paaltjies met 178 balle oor.
- Zimbabwe speel teen die Wes-Indiese Eilande in Bulawayo in hul eerste toets. Ná dag drie het sake teen uitskeityd só gestaan:
Wes-Indiese Eilande 219 & 369/8 (122.3 bb)
Zimbabwe 159
Wes-Indiese Eilande is 429 lopies voor met 2 paaltjies staande.
- Drie wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister begin.
Oudtshoorn
Dolphins 310/8 (93 bb)
Cape Cobras
Kimberley
Warriors 120/2 (40 bb)
Knights
Johannesburg
Lions 180
Titans 96/2 (21.3 bb)
Uitskeityd: Titans is 84 lopies agter met 8 paaltjies staande in hul eerste beurt.
Tennis
- By die WTA-vrouefinaal in Singapoer is die groepfase gister voortgesit.
Gholf
- Die eerste drie plekke op die wêreldranglys vir mans word nou deur Amerikaners gevul:
- Onder die vroue is Suid-Afrika se Lee-Anne Pace 98ste op die wêreldranglys.
Sokker
- Ná Cristiano Ronaldo se uitstekende seisoen verlede jaar is hy gisteraand in Londen as Fifa se beste manspeler van die jaar aagewys. Real Madrid het die glansryke aand in Londen oorheers.
- In die Engelse Premierliga is Man City nou vyf punte voor Man United.
- In die plaaslike Premierliga is Baroka die voorlopers.