Vandag se sportnuus

Kanovaart

  • Suid-Afrika se Andy Birkett het die afgelope paar dae twee goue medaljes by die Wêreldbeker in China ingepalm. Birkett het in beide die kort- en langbaan- marathons met goud weggestap.

Rugby

  • Die Curriebeker-eindstryd word Saterdag op Kingspark in Durban tussen die Haaie en WP beslis. Jaco Peyper is aangewys as die skeidsregter vir dié stryd. Dit is die 37-jarige Peyper se derde eindstryd in ses jaar.
  • Intussen het die Haaie bevestig dat die jong vleuel S’bu Nkosi nie gereed sal wees vir die eindwedstryd nie. Die veteraan Odwa Ndungane sal nou die kans kry om sy loopbaan op gepaste wyse af te sluit en in die beginspan op die veld te draf.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een-aksie verskuif dié week na die Mexikaanse Grand Prix. Pierre Gasly en Brendon Hartley sal die naweek agter die stuurwiele van die twee Toro Rosso-motors wees.
  • Die Moto GP van Maleisië word ook die naweek afgehandel. Dit sal die tweede laaste wedren van die jaar wees.

Tennis

  • By die WTA-finale in Singapoer is die groepfase gister voortgesit. (5)

Venus Williams het vir (7) Jelena Ostapenko met 7-5, 6-7 en 7-5 geklop. Op haar beurt het (3) Karolina Pliskova vir (2) Garbine Muguruza met 6-2 en 6-2 afgeransel.

  • Tennis SA het bekend gemaak dat aansoeke nou oop is vir die kaptein-posisies vir die Federasiebeker- sowel as die Davisbeker-spanne.

Gholf

  • Die 107de SA Ope Gholftoernooi word van 11-14 Januarie op Glendower gespeel. Die fokus sal veral op ons eie sterre soos Ernie Els, Retief Goosen en Charl Schwartzel wees. Van die jonger spelers wat sal afslaan, sluit in Brandon Stone, Haydn Porteous, Dean Burmester en Dylan Frittelli.
  • Hierdie week se aksie is in China, waar die Wêreld Gholfkampioenskap gespeel word. In Amerika word die Sanderson Kampioenskap in Mississippi afgehandel.

Krieket

  • Die Proteas en Bangladesj pak mekaar môre in hul eerste T20-wedstryd in Bloemfontein. Suid-Afrika het die toetsreeks sowel as die eendagwedstryde oorheers. Nog nuus uit die Protea-kamp is dat kaptein Faf du Plessis vir nagenoeg ses weke op die kantlyn sal wees as gevolg van sy rugbesering.
  • Indië en Nieu-Seeland speel vandag in hul tweede Eendag-wedstryd in Pune teen mekaar. Die swart pette het die eerste wedstryd gewen.
  • Zimbabwe het die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande in Bulawayo verloor.

Windies                    219 & 373

Zimbabwe                 159 & 316 (90.4 bb, teiken was 434)

Die Wes-Indiese Eilande wen met 117 lopies.

  • Drie wedstryde in die Sunfoil meerdag-reeks het gister hul tweede dag beleef.

Oudtshoorn

Dolphins       327
Cape Cobras 284/6 (88 bb)

Uitskeityd: Cape Cobras is 43 lopies agter met 4 paaltjies staande.

Kimberley

Warriors         120/2 (40 bb)
Knights

Geen spel was moontlik op dag twee nie weens ’n nat buiteveld.

Johannesburg

Lions              180 & 104/3 (42 bb)
Titans             213

Uitskeityd: Lions is voor met 71 lopies met 7 paaltjies staande.

Sokker

  • In die Engelse ligabeker is ses wedstryde gisteraand gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

willie ·

Kom ons vertrou daar is ñ minuut se stilte en die manne speel met swart bande op hul moue in die eindstryd uit respek vir ons boere wat so vermoor en aangeval word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.