Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die twee spanne vir die Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en WP word vandag bekend gemaak. Die afskop is om 16:00 Saterdagmiddag in Durban.
  • Die Pro14-reeks word die naweek voortgesit met beide die Cheetahs en Kings wat in aksie sal wees. Die Kings speel môre teen die Glasgow Warriors terwyl die Cheetahs Saterdag teen Zebre op die veld draf.

Sewesrugby

  • Die gereelde Blitsbokke Justin Geduld en Kyle Brown maak die naweek hul terugkeer na die spel. Hulle sal by die Assupol Internasionale Sewes-toernooi op Stellenbosch in aksie wees. Die Wêreld Sewes-reeks begin op 1 en 2 Desember in Dubai.

Motorwedrenne

  • Die Mexikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Lewis Hamilton het intussen gesê hy hou van die Amerikaanse styl van groot vermaak voor en ná ’n wedren. Na alle verwagting sal Hamilton komende naweek sy vierde Kampioenskapstitel agter sy naam skryf.
  • Die Moto GP van Maleisië word ook die naweek afgehandel. Marc Marques gaan op sy beurt die titel syne maak.

Tennis

  • By die WTA-finale in Singapoer is die groepfase gister voortgesit.

Gholf

  • In China het die Wêreld Gholfkampioenskap se eerste ronde vanoggend begin. Op die vroeë voorlopersbord het Haydn Porteous sy stem vroeg dik gemaak op -2. Gavin Green en Lucas Clover was die vroeë voorlopers op -3.
  • In Amerika slaan die spelers later vandag af in die Sanderson Kampioenskap in Mississippi.
  • Op die plaaslike front is die eerste ronde van die Sun Sibaya-uitdaging gister voltooi.

Krieket

  • Die Proteas en Bangladesj se eerste T20-wedstryd word vandag in Bloemfontein gespeel. Kagiso Rabada sal ’n blaaskans geniet, wat beteken dat die 33-jarige veelsydige speler Robbie Frylinck vir die Proteas in aksie sal wees.
  • Pakistan en Sri-Lanka speel ook vandag in hul eerste T20-wedstryd teen mekaar. Pakistan het die eendagreeks met 5-0 ingepalm.
  • Indië en Nieu-Seeland het gister in hul tweede Eendag-wedstryd in Pune teen mekaar gespeel.

Nieu-Seeland          230/9 (50 bb)
Indië                          232/4 (46/50 bb)

Indië wen met 6 paaltjies met 24 balle oor.

Die reekstelling is nou een elk met net een wedstryd oor.

  • Drie wedstryde in die Sunfoil meerdag-reeks het gister hul derde dag beleef.

Oudtshoorn

Dolphins                   327 & 81/1 (17.3 ov)
Cape Cobras            429

Uitskeityd: Dolphins is met 21 lopies agter met 9 tweedebeurt-paaltjies staande.

Kimberley

Warriors         362
Knights          168/1 (39 bb)

Uitskeityd: Knights is met 194 lopies agter met 9 eerstebeurt-paaltjies staande.

Johannesburg

Lions              180 & 165
Titans             213 & 133/1 (19 bb, teiken was 133)

Titans wen met 9 paaltjies.

Sokker

  • In die Engelse liga-beker is twee wedstryde gisteraand voltooi.
  • Plaaslik val die kollig op die Telkom-uitklop se laaste 16 spanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.