Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die Proteas en Bangladesj het gister in hul eerste T20-wedstryd kragte gemeet.

Suid-Afrika 195/4 (20 bb)
Bangladesj 175/9 (20 bb)

Suid-Afrika wen met 20 lopies. AB de Villiers is as speler van die wedstryd aangewys. Die tweede en laaste kragmeting vind Sondag plaas.

  • Pakistan en Sri Lanka het ook in hul eerste T20-wedstryd teen mekaar te staan gekom.

Sri Lanka 102 (18.3/20 bb)
Pakistan 103/3 (17.2/20 bb)

Pakistan wen met 7 paaltjies met 16 balle oor.

  • Indië en Nieu-Seeland pak mekaar Sondag in hul derde en laaste Eendag-wedstryd. Die reekstelling is een elk.
  • Twee wedstryde in die Sunfoil-meerdagreeks het gister ten einde geloop en albei het onbeslis geëindig.

Oudtshoorn

Dolphins       327 & 360/4 (90 bb)
Cape Cobras 429

Kimberley

Warriors         362
Knights          391/5 (100 bb)

Rugby

  • Die Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en WP word môre om 16:00 in Durban beslis en die spanne is gister aangekondig.
    • Die WP het vyf veranderinge aangebring. Dit sluit in dat die beseerde flank Jaco Coetzee deur Sikhumbuzo Notshe vervang word. Damian Willemse is weer heelagter en Dillyn Leyds speel vleuel. Ruhan Nel skuif na binnesenter.
    • Die Haaie het net een noodgedwonge verandering gemaak. Die beseerde Sbu Nkosi word vervang deur Odwa Ndungane.
  • Die Wallabies speel môre teen die Barbarians as deel van hul Europese eindjaar-toer.
  • Die Pro14-reeks het ʼn vol skedule vir die naweek.

 

Sewesrugby

  • Die Assupol Internasionale Sewes-toernooi word dié naweek op Stellenbosch gespeel. Die Blitsbokke sal ook in aksie wees ter voorbereiding van die Wêreldreeks wat in Desember begin.

Motorwedrenne

  • Die Mexikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die McLaren-jaers Fernando Alonso en Stoffel Vandoorne sal moontlik laer op die wegspringrooster wees nadat hulle beboet is vir enjinveranderinge.
  • Die Moto GP van Maleisië word ook Sondag afgehandel. Dis die tweedelaaste wedren in vanjaar se kampioenskapreeks.

Tennis

  • By die WTA-finale in Singapoer het Venus Williams en Jelena Ostapenko deurgedring na die halfeindstryd.

Gholf

  • In China is die Wêreldgholfkampioenskap se eerste ronde gister voltooi.

In Amerika het die Sanderson-kampioenskap in Mississippi begin.

  • Op die plaaslike front is die tweede ronde van die Sun Sibaya-uitdaging gister voltooi.

Sokker

  • Bafana Bafana se afrigter, Stuart Baxter, het sy groep van 26 spelers aangewys wat in die Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde teen Senegal sal speel. Die eerste wedstryd is op 10 November.
  • In die Engelse Premier-liga word daar die naweek nege wedstryde gespeel.
  • Plaaslik val die kollig op die Telkom-uitklop se laaste 16.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.