Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en WP is Saterdag in Durban afgehandel en die WP het met die louere weggestap. Die nuwe kampioene het met 33-21 geseëvier.
  • Die Bokspan vir die Eindjaar-toer is bekend gemaak. Daar is vier nuwelinge in die span, naamlik Warrick Gelant, Lukhanyo Am, Dan du Preez en skrumskakel Louis Schreuder. Die Bokke speel vier wedstryde teen Ierland, Frankryk, Italië en Wallis.
  • Australië het die Barbarians Saterdag met 31-28 geklop.
  • In die Pro14-reeks is sewe wedstryde gespeel.

Krieket

  • Die Proteas en Bangladesj het gister in hul tweede T20-wedstryd op Potchefstroom kragte gemeet. David Miller het die vinnigste 100-tal ooit in T20-krieket aangeteken. Hy het net 35 balle nodig gehad vir sy 100 lopies wat nege sesse en sewe viere ingesluit het.

Suid-Afrika               224/4

Banlagesj                 141

Suid-Afrika wen met 83 lopies en verower die reeks met 2-0.

  • Pakistan en Sri Lanka het ook in hul tweede T20-wedstryd teen mekaar te staan gekom.

Pakistan        180/3 (20 bb)

Sri Lanka       144/9 (20 bb)

Pakistan wen met 36 lopies nadat hy ook die eerste wedstryd gewen het.

  • Indië en Nieu-Seeland het gister in hul derde en laaste Eendag-wedstryd teen mekaar gespeel.

Indië               337/6 (50 bb)

Nieu-Seeland 331/7 (50 bb)

Indië wen die wedstryd met 6 lopies en die reeks met 2-1.

  • In Bulawayo het die tweede toets tussen Zimbabwe en die Wes-Indiese Eilande gister begin. Ná dag een was Zimbabwe op 169/4.

Motorwedrenne

  • Die Mexikaanse Formule Een Grand Prix is gister gejaag en Lewis Hamilton is vir die vierde keer as wêreldkampioen gekroon. Hy kon net negende eindig in hierdie wedren.
  • Die Moto GP van Maleisië is ook gister afgehandel. Die wedren is in nat toestande deur Ducati oorheers.

Tennis

  • By die WTA-finaal in Singapoer het Caroline Wozniacki een van haar grootste titels van haar loopbaan verower toe sy vir Venus Williams in die eindstryd met 6-4 en 6-4 geklop het.

Gholf

  • In China is die Wêreld-gholfkampioenskap gister voltooi.
  • In Amerika is die Sanderson-kampioenskap in Mississippi afgehandel.

 

  • Op die plaaslike front is die Sun Sibaya-uitdaging

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar die naweek nege wedstryde gespeel.
  • Plaaslik het die kollig geval op die Telkom-uitklop se laaste 16.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.