Vandag se sportnuus

Hokkie

  • Suid-Afrika se mans- en vrouespan het die naweek uitstekend gespeel en die Afrika Nasiesbeker in Egipte gewen. Ons mansspan het Egipte in die eindstryd met 2-1 geklop terwyl die vroue met Ghana afgereken het 4-0. Beide spanne het nou gekwalifiseer vir aanstaande jaar se Wêreldbeker in Indië.

Rugby

  • Suid-Afrika sal vandag weet of hy aangewys is as die voorkeur-aanbieder van die 2023 Rugbywêreldbeker. Die finale stemming sal eers middel November plaasvind. Die ander twee lande in die wedloop is Ierland en Frankryk.
  • Die agsteman Jean-Luc du Preez het sy enkel in Saterdag se Curriebeker-eindstryd gebreek en hy sal nie deel wees van die Bokspan se eindjaartoer
  • Rosco Specman is benoem as een van drie genomineerdes om as Speler van die Wêreld Sewesreeks van 2017 aangewys te word. Die ander twee is Perry Baker (VSA) en Jerry Tuwai (Fidji).
  • Op die jongste Pro14-reeks se punteleer staan sake só:

Krieket

  • Die Proteas het Bangladesj behoorlik afgeransel en skoonskip gemaak in die afgelope reeks van toetse – eendag- asook T20-wedstryde. Op die jongste toetsranglys is Suid-Afrika tweede ná Indië. Ons is eerste op die eendagranglys, gevolg deur Indië en Australië. In T20 is Suid-Afrika slegs 6de op die ranglys.
  • Indië en Nieu-Seeland speel môre in hul eerste T20-wedstryd teen mekaar.
  • In Bulawayo het die tweede toets tussen Zimbabwe en die Wes-Indiese Eilande gister sy tweede dag beleef.

Zimbabwe                             326
Wes-Indiese Eilande         78/1 (49 bb)

Uitskeityd: Windies 248 lopies agter met 9 paaltjies staande.

Motorwedrenne

  • Lewis Hamilton is ná die Mexikaanse Formule Een Grand Prix vir ’n vierde keer as wêreldkampioen gekroon. Hamilton het gister gesê dat vier titels fantasties is, maar dat hy nou mik na ’n vyfde kroon.
  • Ná die Moto GP van Maleisië is Marc Marquez nou met 21 punte voor op die punteleer.

Tennis

  • Roger Federer het Sondag sy agtste Switserse Binnenshuise titel ingepalm ná ’n oorwinning oor Juan Martin del Potro. Federer sal egter nie hierdie week by die Parys Meesters in aksie wees nie. Met sy onttrekking is Rafael Nadal nou byna verseker van die eerste plek op die finale ranglys vir 2017. Kevin Anderson van Suid-Afrika is tans 16de op dié ranglys.
  • Ná haar oorwinning by die WTA-finale in Singapoer, is Caroline Wozniacki nou derde op die jongste wêreld-ranglys. Simona Halep is steeds eerste en Garbine Muguruza tweede.
  • Suid-Afrika sal in Februarie teen Israel speel in hul eerste Davisbeker Euro-Afrika Zone Een-kompetsie. Dit is nadat Israel die naweek vir Roemenië met 5-0 geklop het.

Gholf

  • Tiger Woods het aangekondig dat hy op 30 November sy terugkeer maak na die gholfbaan. Dit sal tydens die Hero Uitdaging in die Bahamas wees.

Sokker

  • In die Engelse Premier-liga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Burnley         1 – 0    Newcastle United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.