- Suid-Afrika is gister deur Wêreld-Rugby aangewys as die voorkeur-aanbieder van die 2023 Rugby-Wêreldbeker. ‘n Paneel kundiges het diè aanbeveling gemaak. Die finale aanbieder sal egter eers na 15 November aangewys word na afloop van ‘n stemming. Die ander twee lande in die wedloop is Ierland en Frankryk.
- Die slot van die Haaie, Ruan Botha, is na die Bokspan opgeroep om die beseerde Jean-Luc du Preez te vervang vir hul Uitgaande-toer na Europa.
Atletiek
- Suid-Afrika se ster-atleet, Wayde van Niekerk, sal die volgende ses maande op die kantlyn wees na ‘n kniebesering wat hy tydens ‘n raak-rugbywedstryd op Nuweland opgedoen het. Wayde sal ook die Statebond-spele misloop. Hy is tans in Amerika vir ‘n operasie.
Krieket
- Indië en Nieu-Seeland speel vandag in hul eerste T20 wedstryd teen mekaar.
- In Bulawayo het die tweede toets tussen Zimbabwe en die Wes-Indiese Eilande gister sy derde dag beleef.
Zimbabwe 326
Wes-Indiese Eilande 374/7 (150 bb)
Uitskeityd: Die Windies loop met 48 lopies voor met 3 paaltjies staande in die eerste beurt.
Tennis
- Suid-Afrika sal in Februarie teen Israel speel in hul eerste Davisbeker Euro-Afrika, Zone Een kompetsie. Dit is nadat Israel die naweek vir Roemenië met 5-0 geklop het.
Motorwedrenne
- Na die Mexikaanse Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton 56 punte voor Sebastian Vettel.
Gholf
- Na die Wêreld Gholfkampioenskap is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.
Sokker
- Gisteraand in die Eufa-Kampioeneliga was daar agt wedstryde gespeel.
- Op die jongste Engelse Premier-liga se punteleer het Man City ‘n gaping van 5 punte oor die ander spanne bewerkstellig.
In die Plaaslike Premierliga is drie wedstryde gisteraand gespeel.
- Die agt spanne wat oor is in die Telkom-uitklopreeks sal komende naweek koppe stamp in die kwarteind.
Stop die Wereldbeker Rugby -Bod – gee eerder aandag aan die moord in S A.
Ek gaan briewe aan London skryf om te se dit is te gevaarlik hier en hulle moet her-oorweeg.
Stem 100% saam
In die kampioeneliga is Barcelona twee maal aangewys . Een wys verloor en een wen . Hulp asseblief .
In die kampioeneliga word Barcelona twee maal aangewys . Een n wen en een n verloor . Hulp asseblief .