Vandag se sportnuus

Tennis

  • Op die Paryse Meesters het Rafael Nadal die eerste posisie op vanjaar se ranglys verseker ná ʼn oorwinning in die tweede ronde van 7-5 en 6-3 oor Hyeon Chung.

Die ongekeurde Fernando Verdasco het Suid-Afrika se (12) Kevin Anderson met 5-7, 6-4 en 7-5 uitgeskakel.

Krieket

  • Indië en Nieu-Seeland het gister in hul eerste T20 wedstryd teen mekaar gespeel.

Indië                          202/3 (20 bb)
Nieu-Seeland          149/8 (20 bb)

Indië wen met 53 lopies.

  • In Bulawayo het die tweede toets tussen Zimbabwe en die Wes-Indiese Eilande gister sy vierde dag beleef.

Zimbabwe                 326 en 140/4 (67 bb)
Wes-Indies Eilande            448

Uitskeityd: Zimbabwe loop met 18 lopies voor met ses paaltjies staande in hul tweede beurt.

Rugby

  • Twee Internasionale wedstryde word Saterdag gespeel.
  • In die Pro-14 reeks word daar die naweek sewe wedstryde gespeel.

Netbal

  • Die nuwe president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, ontmoet vandag die res van die uitvoerende bestuur van dié sport om haar planne vir die volgende vier jaar uit te spel.

Motorwedrenne

  • Die Formule 1- sowel as Moto GP-renjaers sal hierdie naweek ʼn blaaskans geniet. Aanstaande naweek sal die voorlaaste en laaste wedrenne gejaag word.

Gholf

  • In die Europese-reeks begin die Turkse Ope-gholftoernooi vandag. Ses Suid-Afrikaners sal in aksie wees. Hulle is Dylan Frittelli, George Coetzee, Brandon Stone, Dean Burmester, Richard Sterne en Haydn Porteous. Hierdie is die laaste Europese toernooi voordat die Nedbank-uitdaagtoernooi aanstaande week by Sun City gespeel word. Intussen het Padraig Harrington ʼn uitnodiging aanvaar om aanstaande week hier in Suid-Afrika in aksie te wees.
  • In die VSA slaan die spelers vandag af in die Shriners Ope.

Sokker

  • Gisteraand se Eufa-kampioeneliga uitslae lyk só:
  • In die plaaslike Premierliga is vyf wedstryde gespeel.
  • Die agt spanne wat oor is in die Telkom-uitklopreeks sal komende naweek koppe stamp in die kwarteind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.