Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Goeie nuus uit Amerika is dat Suid-Afrika se ster-atleet, Wayde van Niekerk, se operasie aan sy beseerde knie gedoen is en dat hy reeds met rehabilitasie begin het. Wayde, wat die wêreldrekordhouer in die 400 m is, het sy regterknie tydens ʼn raakrugbywedstryd op Nuweland beseer. Hy sal vir nagenoeg ses maande op die kantlyn wees.
  • Die voormalige naelloop-kampioen Frankie Fredericks het gister voor ʼn regter in Parys verskyn as deel van ʼn ondersoek oor die toekenning van die 2016 Olimpiese Spele aan Rio. Fredericks was lid van die Internasionale Olimpiese Komitee toe hy klaarblyklik nagenoeg $300 000 betaal is op die dag wat die bod aan Rio toegestaan is.

Tennis

  • By die Parys Meesters was daar gister oorwinnings vir Fernando Verdasco,

John Isner asook Juan Martin del Potro.           Rafael Nadal moes hard spook om die kwarteind te haal – hy het Pablo Cuevas met 6-3, 6-7 en 6-3 geklop.

Krieket

    • England se afrigter, Trevor Bayliss, het gister gesê hy beplan om die reeks om die As teen Australië sonder Ben Stokes aan te pak. Stokes se optrede en betrokkenheid tydens ʼn laatnag-uitstappie word steeds ondersoek.
      • Indië en Nieu-Seeland speel môre in hul tweede T20-wedstryd teen mekaar. Indië het die eerste wedstryd gewen.
      • In Bulawayo het die tweede toets tussen Zimbabwe en die Wes-Indiese Eilande gister onbeslis geëindig.

Zimbabwe     326 & 301/7 (144 bb)
Windies         448

Rugby

      • Die Rugbywêreldbeker van 2019 is minder as twee jaar weg en die loting vir die groepwedstryde is gister gedoen. Die Bokke sal in hul openingswedstryd teen die huidige kampioene, die All Blacks, op die veld draf. Die toernooi word in Japan aangebied en skop op 20 September af en eindig op 2 November 2019.
          • Twee Internasionale wedstryde word môre gespeel.

    Die losskakel Beauden Barrett sal die All Blacks aanvoer.

    • In die Pro14-reeks word daar vandag drie wedstryde afgehandel en môre vier. Beide Suid-Afrikaanse spanne is môre in aksie.

    Gholf
    • By die Mubarak-vrouetoernooi in Abu Dhabi is Suid-Afrika se Lee-Anne Pace die voorloper ná die tweede ronde. Sy is op twaalf onder syfer en een hou voor haar naaste teenstander.

    • In die Europese reeks is die Turkse Ope se eerste ronde gister voltooi.

    • In die VSA is die Shriners Ope se eerste ronde voltooi.

    • In Suid-Afrika word die Vodacom-reeks se finale toernooi op Simola gespeel.

    Sokker
    • In die Europese liga is daar gisteraand ʼn hele rits wedstryde afgehandel.

    • Die agt spanne wat oor is in die Telkom-uitklopreeks spook sake dié naweek uit in die kwarteind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.