Vandag se sportnuus

Marathon

Irvette van Zyl het die vrouewedloop in die Old Mutual Soweto Marathon in ʼn tyd van 2:41.06 gewen. Die manstitel is deur Tshepo Mathibelle ingepalm.

Tennis

  • By die Parys Meesters moes Rafael Nadal hom voor sy kwarteind-kragmeting onttrek nadat hy ʼn kniebesering opgedoen het. Jack Sock het die toernooi gewen deur in die eindstryd vir Filip Krajinovic met 5-7, 6-4 en 6-1 te klop.
  • Die WTA-reeks se Elite-toernooi in China is deur Julia Goerges gewen.

Krieket

  • Indië en Nieu-Seeland het in hul tweede T20-wedstryd teen mekaar gespeel.

Nieu Seeland          196/2 (20 bb)
Indië                          156/7 (20 bb)

Nieu-Seeland wen met 40 lopies. Die reekstelling is nou een elk met die derde wedstryd wat môre gespeel word.

  • Engeland se eerste opwarmingswedstryd in Australië teen ʼn Wes-Australiese span het onbeslis geëindig.

Rugby

  • Twee internasionale wedstryde is die naweek afgehandel.
  • In die Pro14-reeks is daar sewe wedstryde gespeel.

Gholf

  • By die Mubarak-vrouetoernooi in Abu Dhabi het Suid-Afrika se Lee-Anne Pace uitgesak en uiteindelik 27ste geëindig.
  • In die Europese reeks is die Turkse Ope voltooi.
  • Frittelli en George Coetzee sal na dié toernooi albei hierdie week op Sun City in aksie wees. Henrik Stenson het ʼn besering opgedoen en sal nie dié week aan die Nedbank-uitdaging deelneem nie.
  • In die VSA is die Shriners Ope afgehandel.

In Suid-Afrika is die Vodacom-reeks se finale toernooi op Simola gespeel.

Sokker

  • Gister se uitslae in die Engelse Premierliga:

In die Telkom-uitklopreeks is die kwarteindwedstryde voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.