Vandag se sportnuus

Atletiek

Wayde van Niekerk is vir nog ʼn toekenning benoem ná sy ongelooflike seisoen. Hy is onder die drie mansfinaliste vir die IAAF se Wêreldatleet van die Jaar-toekenning. Sy 2017-veldtog het twee medaljes op die Wêreldkampioenskap in Londen in Augustus ingesluit en ʼn 300 m wêreldbeste van 30.81 in Ostrava in Junie. Mo Farah en Mutaz Essa Barshim van Katar is die ander benoemdes. Die wenner sal op 24 November in Monaco bekendgemaak word.

Marathon

In die New York-marathon het Suid-Afrika se Ernst van Dyk die vierde plek behaal in die rolstoelafdeling.

Tennis

    • In die ATP-reeks begin die jaareind-finale op 12 November. Die agt top-manspelers sal sake uitspook om as “jaarkampioen” gekroon te word.
      • Intussen het Andy Murray en Novak Djokovic hul posisies in die top-tien op die wêreldranglys vir die eerste keer in jare prysgegee.

Krieket

      • Indië en Nieu-Seeland speel vandag in hul derde T20-wedstryd teen mekaar.

Die reekstelling is tans een elk.

Rugby

      • Die Bokafrigter, Alister Coetzee, het bevestig dat die hele groep spelers fiks en gereed is vir hul eerste wedstryd dié naweek teen Ierland. Eben Etzebeth, wat ʼn seer enkel gehad het, is gereed om die Bokke aan te voer. Daar sal vier wedstryde gespeel word wat insluit Frankryk, Italië en Wallis.
      • Sewesrugby

Die volledige Springbok Sewesgroep het gister op Stellenbosch saamgetrek met die oog op die wêreldreeks wat voorlê. Dit sluit Sikhumbuzo Notshe van die WP asook Kwagga Smith en Tim Agaba in. Dylan Sage sukkel met ʼn rugbesering en hy sal nie in Dubai en Kaapstad in aksie wees nie.

      • In die Pro-14 reeks lyk die jongste punteleer só:

Konferensie A

Konferensie B

Gholf

  • Nege Suid-Afrikaners sal tydens dié week se Nedbank-uitdaagtoernooi in aksie wees. Dit sluit ons top drie spelers in naamlik Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Branden Grace. Die toernooi begin Donderdag by Sun City en 72 spelers sal sake uitspook.
  • Park Sung-hyun behoort die nuwe Nommer Een-Vrouegholfspeler in die wêreld te wees nadat Ryu So-yeon die naweek net 33ste in Japan kon eindig.

Sokker

  • In die Engelse-Premierliga het Man City nou ʼn voorsprong van agt punte.
  • In die Telkom-uitklopreeks het die volgende spanne deurgedring na die halfeind: Kaizer Chiefs, Bloemfontein Celtic, Bidvest Wits en Polokwane City.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jack Russl ·

Wonder wat het Wim van der Berg te sê oor die Pro14 vandag. Het niks goed te sê gehad oor die Cheetahs nie, maar die Kings geprys. Die arme Cheetahs is volgens hom 7de op die gekombineerde puntestand. Wonder net waar is sy “goeie” Kings…

Nie een van die 2 spanne is my eerste keuse nie, maar ek ondersteun altwee 100% in die Pro14, maak ‘n mens net suur dat ‘n “joernalis” een wedstryd vat en een span verhoog en ‘n ander afbreek. Ja, die cheetahs het ‘n swak wedstryd gehad, maar moet dit nie afmaak as hulle seisoen nie. Kings het een van hulle beste wedstryde gehad, maar ook nog nie veel verrig in die seisoen nie. Ek het nie veel van hulle verwag nie, te veel spelers verloor, seker Davids sal die span regkry as hulle aan ‘n paar spelers kan vashou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.