Vandag se sportnuus

Gholf

  • Alle oë is vandag op die Nedbank-uitdaagtoernooi wat by Sun City begin. Op die lys van 72 spelers is daar nege Suid-Afrikaners, wat George Coetzee insluit. Coetzee het gister gesê dat die hitte beslis ʼn faktor gaan wees, veral vir die oorsese spelers.

Die eerste spelers is om 09:00 op die bof en die laaste manne slaan om 11:01 af. Die verdedigende kampioen, Alex Noren, is in die laaste groepering saam met die wedloop na die Dubai-voorloper, Tommy Fleetwood, en Rafa Cabrera Bello.

  • In die Blue Bay LPGA-toernooi vir vroue is twee Suid-Afrikaners onder die vroeë voorlopers in die eerste ronde.

Motorwedrenne

  • Die tweede laaste wedren in die Formule-Een Grand Prix-reeks word dié naweek in Brasilië gejaag. Hoewel die titels reeds uitgedeel is, lyk dit of Red Bull sy stem dik wil maak aan die einde van die seisoen. Die 20-jarige Max Verstappen het twee van die laaste vier wedrenne gewen.
  • In die Moto GP-reeks sal die laaste wedren van die seisoen Sondag in Valencia gejaag word. Marc Marquez is op sy Honda 21 punte voor Andrea Dovizioso op ʼn Ducati. Maverick Vinales beklee die derde plek op sy Yamaha.

Rugby

  • Sewe internasionale wedstryde word Saterdag in Europa gespeel.

 

  • Die Bok-afrigter, Allister Coetzee, sal vandag sy span bekend maak.

Sewesrugby

  • Die Bokke se Vroue Sewes-afrigter, Renfred Dazel, sê sy groep is gereed om alles in die volgende twee weke in te sit ter voorbereiding van die Wêreldreeks wat op 30 November in Dubai begin. Suid-Afrika sal teen Nieu-Seeland, die VSA en Frankryk in Groep A speel.

Krieket

  • Engeland se vierdag-toerwedstryd teen ʼn Krieket Australië-elftal, ter voorbereiding van die reeks om die AS, het gister begin. Die Aussies het die loot gewen en besluit om veldwerk te doen.

Uitskeityd:     Engeland 278/8 (89.2 bb)

  • Drie wedstryde word dié naweek in die Ram Slam T20-reeks in Suid-Afrika gespeel.

Tennis

  • Suid-Afrika se voorste speler, Kevin Anderson, het bekend gemaak dat hy en sy afrigter van die afgelope vier jaar, Neville Godwin, se paadjies gaan skei. In die tydperk het Anderson tot nommer tien in die wêreld gevorder.
  • Die ATP Toerfinale word aanstaande week in Londen gespeel en die trekking is gedoen om die twee groepe vir die enkelspel te bepaal.

Die een groep bestaan uit:

Die ander groep is saamgestel uit:

Sokker

  • Die naweek gaan nog nege lande hul name voeg by die bestaande 23 wat reeds vir aanstaande jaar se Fifa Wêreldbeker gekwalifiseer het. Vanaand word twee wedstryde gespeel. Noord-Ierland speel teen Switserland en Kroasië teen Griekeland.
  • Bafana Bafana speel môre in hul eerste van twee kwalifiseringswedstryde teen Senegal. Môre se wedstryd word in die Peter Mokaba-stadion gespeel. Die vraag is of die nommer een doelwagter, Itumeleng Khune, gereed sal wees vir dié kragmeting. Hy het die afgelope naweek ʼn gesigbesering opgedoen en toets tans ʼn gesigskerm om moontlik mee te speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.