Vandag se sportnuus

vandag-se-sportsnuus-01Krieket

Suid-Afrika het uitstekend gevaar met die kolf in hul eerste beurt van die tweede kriekettoets teen Sri Lanka op Nuweland in Kaapstad. Die Proteas het 392 lopies aangeteken. Die uitblinkers was Dean Elgar en Quinton de Kock, wat beide hondertalle behaal het. Kumara 6 paaltjies in 25 boulbeurte platgetrek.

Sri Lanka het na middagete begin kolf en was almal terug in die kleedkamer vir net 110 lopies. Philander en Rabada het elk 4 paaltjies geneem. Dit het aan die Proteas ʼn voorsprong van 282 lopies gegee, maar hulle het nie die opvolgbeurt afgedwing nie. Aan die einde van dag 2 se spel het SA 35 sonder verlies op die telbord gehad, ʼn totale voorsprong van 317 lopies.

In Australië

Die Aussies het eerste gekolf in die derde en laaste toets tussen Australië en Pakistan. Na dag een het hulle met 365/3 na 88 boulbeurte gespog. David Warner het 113 aangeteken, terwyl Matt Renshaw ʼn onoorwonne 167 op dag een bygedra het. Die Aussies het uiteindelik op 538/8 verklaar (135 ov).

T20 Krieket

NZ en Bangladesh het sake uitgespook in die eerste T20 wedstryd van die reeks in Napier.

Bangladesh 141/8 (20/20 ov)

NZ 143/4 (18.0/20 ov) Kane Williamson was onoorwonne op 73 van net 55 balle.

NZ wen met 6 paaltjies  (12 balle oor)

Rugby

Volgens alle aanduidings gaan die Springbok, Johan Goosen, se gewese Franse rugbyklub, Racing 92, hom hof toe sleep omdat hy nie by Maandag se oefening opgedaag het nie. Goosen het in Desember aangedui dat hy op 24 gaan uittree. Daar is egter sprake dat hy sy loopbaan in Brittanje kan voortsit.

TydrenNuus

Die 38ste Dakartydren se tweede skof het laasnag ons tyd in Argentinie begin en het oor 275km gestrek.

Motorafdeling:

Die wêreldbekende legende, Sebastien Loeb, het aan Peugeot hul eerste skofoorwinning van 2017 se Dakar Tydren besorg, toe hy 1min 23 sekondes voor die Toyota-renjaer, Nasser Al-Attiyah, geëindig het.

Algeheel lyk sake so na die 2de skof:

  1. Sebastien Loeb en Daniel Elena
  2. Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel
  3. Carlos Sainz en Lucas Cruz
  4. Giniel de Villiers en Dirk von Zitzewitz

Motorfiets:

Toby PriceKTM3h07m17s
Matthias WalknerKTM+2m39s
Paulo GoncalvesHonda+2m54s

Vierwielmotorfietse:

Pablo Copetti het die tweede skof gewen nadat hy afgereken het met Paraguay se Nelson Sanabria. Algeheel loop Copetti voor, met ʼn gaping van 1m 54 sekondes oor Sanabria wat 2de is.

Tennis

By die jaarlikse Hopmanbekerkompetisie vir gemengde spanne in Perth, het die fokus gister op die enkelspel geval.

Joe Sock van die VSA het klaargespeel met Fernado Lopez van Spanje. Die telling was 3-6, 6-2 en 6-3.

Nic Kyrgios van Australië was baas oor Adam Pavlasek van die Tjeggiese Republiek deur met 7-5 en 6-4 te seëvier.

Vrouetennis

By die Auckland Classis het die Wêreld se nommer 2 speler, Serena Williams, haar terugkeer na vier maande met ʼn goeie oorwinning gevier. Sy het Frankryk se Pauline Parmentier in die eerste ronde met 6-3 en 6-4 geklop.

Die 35-jarige Williams het na haar nederlaag verlede jaar in die Amerikaase Ope se halfeindstryd haar van alle tennis onttrek weens ʼn skouerbesering.

En by die WTA Shenzhen Ope, het die wêreld se nr 3 speler, Agnieszka Radwanska van Pole, maklik haar 2de-rondte wedstryd gewen deur met Roemenië se Sorana Cirstea af te reken. Die telling was 6-0 en 6-3.

Gholf

More slaan die spelers af in die Amerikaanse PGA reeks se Toernooi van Kampioene wat in Hawaii  gespeel word. Jordan Spieth was verlede jaar die wenner.

Vrouegholf

Verskeie topspelers slaan vandag af op Huddle Park in die SuperSport Vroue-uitdaging wat deel vorm van die Sonskynreeks vir Vroue.

Bertine Strauss, die verdedigende kampioen, gaan probeer om haar vierde titel in die reeks in te palm en sal skouers skuur met ander spelers, soos Lee-Anne Pace, Stacy Bregman, Monique Smit en Nicole Garcia.

Sokker

Uitslae in gisteraand se Engelse Premierliga wedstryde:

Stoke City2 – 0Watford
Crystal Palace1 – 2Swansea City
AFC Bournemouth3 – 3Arsenal

Vanaand speel Tottenham Hotspur teen Chelsea

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.