Sewesrugby
Die vierde been van die Wêreldsewesreeks is dié naweek in Sydney gespeel. Die Blitsbokke het weer met die louere weggestap deur Engeland in die eindstryd met 29-14 te klop. Seabelo Senatla het nege drieë in die toernooi gedruk. Hy en Kwagga Smith sal voortaan Superrugby speel.
Goue Medalje: Engeland | 14 – 29 | Suid-Afrika |
Brons Medalje: NS | 29 – 14 | Australië |
Vyfde plek: Fidji | 35 – 12 | VSA |
Sesnasiesrugby
Die 2017-seisoen het dié naweek afgeskop met drie wedstryde.
5 Italië 7 – 33 Wallis
4 Engeland 19 – 16 Frankryk
4 Skotland 27 – 22 Ierland
Varsityrugby
Vanaand word die tweede ronde van die kompetisie gespeel.
6 UCT v CUT 16:45
6 UJ v Shimlas 18:30
6 Maties v Wits 18:30
6 Puk v Madibaz 19:00
Tennis
Suid-Afrika en Estland het die naweek in hul Davisbekerkragmeting in Irene kragte gemeet.
Lloyd Harris en Nik Scholtz was Suid-Afrika se twee enkelspelspelers en het albei Vrydag hul wedstryde gewen om aan Suid-Afrika ʼn voorsprong van 2-0 te gee. Saterdag het ons dubbelspelpaar, Raven Klaasen en Ruan Roelofse, die kragmeting beklink ná hul oorwinning in die dubbelspel. Die uiteindelike telling was 4-1 in SA se guns.
Krieket
Die Proteas en Sri Lanka het mekaar op die Wanderers in Johannesburg gepak in die derde van vyf eendagkragmetings. Suid-Afrika het die wedstryd asook die reeks beklink.
Sri Lanka 163 (39.2/50 bb)
Suid-Afrika 164/3 (32/50 bb)
Suid-Afrika wen met 7 paaltjies (met 108 balle oor)
SA loop met 3-0 voor in die reeks.
Die Eendag-kragmeting tussen Nieu-Seeland en Australië in Hamilton is deur die swartpette gewen.
NS 281/9 (50 bb)
Australia 257 (47/50 bb)
NS wen met 24 lopies en daarmee ook die reeks met 2 – 0.
Sunfoil-krieketreeks
Drie wedstryde is die naweek afgehandel.
Pietermaritzburg
Dolphins 301 & 192
Titans 403 & 91/8 (31.4 bb, target: 91)
Titans wen met 2 paaltjies
Paarl
Cape Cobras 154 & 330
Knights 153 & 180
Cape Cobras wen met 151 lopies
Oos-Londen
Lions 307 & 153/2v
Warriors 203/6v & 243
Lions wen met 14 lopies
Gholf
In die Europese Reeks is die die Dubai Desert Classic voltooi.
1 Sergio Garcia -19 F -3 65 67 68 69 269
2 Henrik Stenson -16 F -3 68 68 67 69 272
3 Lasse Jensen -14 F -7 69 70 70 65 274
Tyrrell Hatton -14 F -5 72 70 65 67 274
7 George Coetzee -11 F -1 66 70 70 71 277
Brandon Stone -11 F -4 70 69 70 68 277
In die VSA is die Phoenix Ope in Scottsdale, Arizona, afgehandel.
1 Hideki Matsuyama -17 F -5 65 68 68 66 267
2 Webb Simpson -17 F -7 67 71 65 64 267
3 Louis Oosthuizen -16 F -6 68 67 68 65 268
4 Rickie Fowler -15 F -6 67 68 69 65 269
JJ Spaun -15 F -4 71 64 67 67 269
Sokker
Die Afcon-beker se eindwedstryd is gisteraand tussen Kameroen en Egipte gespeel.
Die nuwe kampioene van Afrika is Kameroen wat met 2-1 geseëvier het.
Van die uitslae in gister se Engelse Premierliga lyk so:
Leicester City 0 – 3 Manchester United
Manchester City 2 – 1 Swansea City