Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die Nedbank-uitdaagtoernooi het gister op ʼn warm sonskyndag by Sun City begin. Die voorlopersbord is swaar gelaai aan die bopunt.
  • In die PGA-reeks word die OHL Classic in Mayakoba gespeel.
  • In die Blue Bay LPGA-toernooi vir vroue in China is Suid-Afrika se spelers ook baie goed geplaas ná die tweede ronde:

Motorwedrenne

  • Die Braziliaanse Formule-Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes word vandag afgehandel terwyl die kwalifisering môre sal plaasvind.
  • Die laaste Moto GP-wedren van die seisoen word Sondag in Valencia gejaag. Vanjaar se kampioen sal na dié wedren gekroon word. Marc Marquez is die gunsteling om vir ʼn vierde keer met die titel weg te stap. Hy is tans 21 punte voor Andrea Dovizioso wat beteken alles is Sondag op die spel.

Rugby

  • Die bepalings vir môre se sewe Internasionale wedstryde in Europa lyk só:
  • Die Bok-afrigter, Allister Coetzee, het sy span gister bekend gemaak. Die twee stutte Beast Mtawarira en Coenie Oosthuizen, sowel as die binnesenter, Damian de Allende, is in die beginspan opgeneem.
  • Die All-Blacks het hul sterkste moontlike span gekies om teen die Franse uit te draf. Die gereelde kaptein, Kieran Read, is terug in die span. Net ses van verlede week se span, wat teen die Barbarians gespeel het, het hul plekke behou.
  • Wallis se afrigter, Warren Gatland, het drie nuwelinge in hul span ingesluit wat die Wallabies pak.

Krieket

  • Engeland se vierdag-toerwedstryd teen ʼn Krieket Australië-elftal se tweede dag is voltooi.

Engeland      293 en 5/0
Aussies het op 233/9 verklaar.

Uitskeityd: Engeland loop met 65 lopies voor met 10 paaltjies staande.

  • Drie wedstryde word dié naweek in die Ram Slam T20-reeks in Suid-Afrika gespeel.

Tennis

Die ATP Toerfinale begin Maandag wanneer die agt top-spelers van die seisoen sake in Londen sal uitspook. Die twee top-gekeurde spelers asook die gunstelinge is Rafael Nadal van Spanje en Roger Federer van Switserland.

Atletiek

Wayde van Niekerk se afrigter, Ans Botha, is deur die IAAF as afrigter van die jaar aangewys.

Sokker

  • Twee Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde is gister gespeel.
  • Bafana Bafana speel vanaand in die eerste van twee wedstryde teen Senegal as deel van die Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde. Suid-Afrika moet albei wedstryde wen om te kan kwalifiseer.
  • En in Europa speel Swede teen Italië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.