Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die Nedbank-uitdaagtoernooi het gister by Sun City ten einde geloop en ʼn Suid-Afrikaner het vir die eerste keer in tien jaar geseëvier.

In die PGA-reeks is die OHL Classic in Mayakoba gespeel.

  • By die Blue Bay LPGA-toernooi vir vroue in China het Suid-Afrika se spelers goed gevaar.

Motorwedrenne

  • Die Braziliaanse Formule-Een Grand Prix is gister gejaag. Dié voorlaaste wedren van die seisoen is deur Ferrari gewen.
  • Die laaste Moto GP-wedren van die seisoen is in Valencia afgehandel. Vanjaar se kampioen is Marc Marquez wat die titel vir die vierde keer ingepalm het nadat hy derde oor die wenstreep gejaag het. Sy spanmaat, Dani Pedrosa, het die wedren gewen met Johann Zarco tweede.
  • In die Moto2-afdeling het Suid-Afrika se Brad Binder derde geëindig en die seisoen in die negende plek afgesluit.

Rugby

  • pres. Cyril Ramaphosa sal vandag saam met Span-SA na Londen vlieg vir Woensdag se aankondiging oor die toekenning van die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi. Suid-Afrika, Frankryk en Ierland is in die wedloop.
  • Sewe internasionale wedstryde is in Europa gespeel. Die Springbokke het ʼn groot drag slae op die lyf geloop toe die Iere ʼn rekordoorwinning van 38-3 behaal het. Die stut, Coenie Oosthuizen, is op pad huistoe met ʼn kniebesering terwyl Pieter-Steph du Toit harsingskudding opgedoen het. Die volgende wedstryd is komende naweek teen Frankryk.

Uitslae:

Krieket

  • Drie wedstryde is dié naweek in die Ram Slam T20-reeks in Suid-Afrika gespeel.

Tennis

Die ATP Toerfinale het in Londen begin. Die die agt top-spelers van die seisoen spook sake in twee groepe uit.

  • Die Federasiebeker-eindstryd is die naweek gespeel. Die VSA en Belo-Rusland, beter bekend as Wit-Rusland, het sake uitgespook. Die VSA het met 3-2 geseëvier.
  • Neville Godwin, wat vir Kevin Anderson afgerig het, is deur die ATP as afrigter van die jaar aangewys. Godwin en Anderson se paadjies het verdele week geskei.

Swem

  • Die Wêreldkortbad-reeks is die naweek in Beijing voortgesit. Chad le Clos het drie goue medaljes ingepalm en sy voorsprong in die reeks behou. Dié week verskuif die aksie na Tokio vir die sewende byeenkoms, terwyl die reeks die naweek in Singapoer afgesluit word.

Sporttoekennings

Die Suid-Afrikaanse sporttoekennings van die jaar is gisteraand oorhandig. Die verspringer Luvo Manyonga is verassend voor Wayde van Niekerk as sportman van die jaar aangewys. Caster Semenya is as sportvrou van die jaar en die publiek se sportster aangewys.

Sokker

  • Verskeie FIFA Wêreldbeker kwalifiserings-wedstryde is die naweek gespeel.

In Europa is twee wedstryde gister afgehandel.

Vanaand speel Italië teen Swede.

  • Bafana Bafana het in hul eerste van twee wedstryde teen Senegal gespeel en met 2-0 verloor. Daarmee het Senegal hul plek by aanstaande jaar se Wêreldbeker verseker. Die tweede wedstryd tussen die twee lande word môre in Senegal gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.