Vandag se sportnuus

Tennis

Die ATP Toerfinale se tweede dag is in Londen afgehandel.

Nadal het hom ná die wedstryd aan dié toernooi onttrek as gevolg van die kniebesering wat hy reeds in Parys opgedoen het.

Rugby

  • Die aankondiging oor die toekenning van die 2023 Rugbywêreldbeker word môre gemaak. Suid-Afrika is in die binnebaan vir dié wedloop, maar daar sal asem opgehou word todat die finale uitslag bekend is.
  • Duane Vermeulen is intussen opgeroep om hom by die Springbok-groep in Parys, Frankryk, aan te sluit in die plek van Coenie Oosthuizen. Die volgende wedstryd is komende naweek teen Frankryk.
  • Die vyf spelers wat genomineer is as Wêreldspeler van die jaar se name is bekend gemaak. Hulle is Beauden Barrett, Rieko Ioane, Owen Farrell, Maro Itoje en Israel Folau. Die wenner word op 26 November aangekondig.

Gholf

  • Ná die Nedbank-Uitdaagtoernooi het Branden Grace onder die toptien-spelers ingeskuif in die wedloop na Dubai. Op die wêreldranglys is hy nou nommer 29.
  • Op die Vroue-ranglys is Lee-Anne Pace nou nommer 100 en Ashleigh Simon nommer 111.

Motorwedrenne

  • Ná die Braziliaanse Formule-Een Grand Prix het Sebastian Vettel nader geskuif aan die reeds gekroonde Lewis Hamilton.

Die finale punteleer in vanjaar se Moto GP is bepaal en die kampioen is Marc Marquez wat die titel vir die vierde keer ingepalm het.

  • In die Moto2-afdeling het Suid-Afrika se Brad Binder die jaar in die negende plek afgesluit.

Krieket

  • Op die jongste punteleer in die Ram Slam T20-reeks staan sake só:

Die volgende wedstryde word môre gespeel.

  • Engeland se Moeen Ali sê hy het van sy sybesering herstel en is gereed om dié week in ’n opwarmingswedstryd te speel ter voorbereiding van die reeks om die AS.

Swem

  • FINA se Wêreldbeker verskuif nou na Tokio vir die sewende byeenkoms wat vandag en môre plaasvind. Die reeks word dié naweek in Singapoer afgesluit. Alle oë is op Chad le Clos wat steeds voorloop in die mansafdeling om as reekskampioen gekroon te word.

Sokker

  • Teen gister kon nog net vier lande hul name by die 28 voeg wat reeds vir FIFA se Wêreldbeker gekwalifiseer het. Swede en Italië het gisteraand kragte gemeet en met nul-elk gelykop gespeel. Italië sal vir die eerste keer in sestig jaar nie by die Wêreldbeker wees nie. Die drie wedstryde wat oor is sluit in Denemarke teen die Republiek van Ierland, Peru teen Nieu-Seeland en Australië teen Honduras.
  • Bafana Bafana speel vandag teen Senegal in die tweede kwalifiseringswedstryd tussen dié twee lande. Senegal het egter reeds hul plek by aanstaande jaar se wêreldbeker verseker toe hulle die eerste wedstryd met 2-0 gewen het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kat ·

Ek hoop tog nie ons kry dit nie. Ek hou styf duimvas vir die ander lande om dit te kry.
Ons rugby gaan teen daardie tyd nog slegter wees weens die kwotas en sal al met die eerste wedstryd verloor – dit is ‘n gegewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.