Vandag se sportnuus

Rugby

  • Teen hierdie tyd weet die hele wêreld dat die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi deur Frankryk aangebied gaan word. Dié aankondiging is gister in Londen gedoen. Dit sal die tiende Wêreldbekertoernooi wees wat aangebied word. Meeste Suid-Afrikaners het verwag dat Suid-Afrika as wenner uit die stryd om die bod sou tree. Frankryk het egter maklik geseëvier. In die eerste stemming het dié land 18 teenoor Suid-Afrika se 13 en Ierland se agt stemme gekry. In die tweede stemming, sonder Ierland, was dit 23-15 ten gunste van Frankryk.
  • Die Springbokspan wat Saterdag in Parys teen die Franse op die veld draf word vandag bekendgemaak.
  • Die agt internasionale bepalings vir die naweek lyk só:

Swem

By FINA se Wêreldbeker in Tokio het Chad le Clos op die laaste dag nog twee medaljes by sy oes gevoeg. Le Clos het goud gewen in die 200 m-vlinderslag in ʼn tyd van 1:50.71. In die 200 m-vryslag het Le Clos die silwer medalje in ʼn tyd van 1:43.56 verwerf.  Die reeks word die naweek in Singapoer afgesluit met die agtste byeenkoms. Le Clos het nou reeds sy een hand op die manstroefee vir die seisoen.

Tennis

Die ATP Toerfinale se vierde dag is in Londen afgehandel. Grigor Dimitrov het ook sy plek in die laaste vier verseker deur met David Goffin af te reken. Die telling was 6-0 en 6-2. In die tweede wedstryd het Pablo Carreno Busta en Dominic Thiem kragte gemeet. Thiem het met 6-3, 3-6 en 6-4 geseëvier.

Gholf

  • Die DP Wêreldtoer-kampioenskap begin vandag in Dubai. Die Meesters-kampioen, Sergio Garcia, sal met ʼn nuwe bal asook stokke speel. Hy het TaylorMade verruil vir Callaway. Van die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees sluit in Branden Grace, Charl Schwartzel, George Coetzee en Dylan Frittelli.
  • In Amerika begin die RSM Classic vandag in Georgia. Retief Goosen en Ernie Els sal ook hul stokke swaai.
  • Die LPGA toer se CME-toerkampioenkap begin in ook vandag in Florida in die VSA.

Krieket

  • Die vierde wedstryd in die Ram Slam T20-reeks is gisteraand in Kimberley gespeel. Die Titans het eerste gekolf nadat die Knights die loot gewen het.

Titans: 99/4 in 20 bb. Henry Davids en Aiden Markram het vyftigtalle aangeteken.
Knights 161/7 in 20 bb. Dale Steyn het sy terugkeer met een paaltjie vir 25 lopies in 3 beurte gevier.

Die Titans wen met 37 lopies.

  • Engeland speel in sy tweede opwarmingswedstryd teen ʼn Aussie elftal ter voorbereiding van die reeks om die AS. Die Aussies het die loot gewen en kolf eerste. Teen uitskeityd op die eerste dag was Australië op 249/9 ná 90 boulbeurte.

Sokker

  • Australië gaan ook volgende jaar Wêreldbeker toe nadat hulle Honduras met 3-1 geklop het.
  • Die Engelse Premierliga stoom Saterdag voort met agt wedstryde wat gespeel word.
  • In Suid-Afrika word die Telkom-uitdaagtrofee se halfeindstryde die naweek gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.