Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokspan wat môre in Parys teen die Franse op die veld draf is bekendgemaak. Francois Venter sal op binnesenter uitdraf, Handré Pollard op losskakel en Duane Vermeulen is die agsteman. Die Franse het ʼn onveranderde beginspan gekies vir dié kragmeting.
  • Agt internasionale wedstryde word dié naweek gespeel.

Swem

Fina se Wêreldbeker loop dié naweek ten einde met die agtste en laaste byeenkoms in  Singapoer. Chad le Clos behoort as reekskampioen gekroon te word.

Tennis

Die ATP Toerfinale se vyfde dag is in Londen afgehandel. Roger Federer het Marin Cilic met 6-7, 6-4 en 6-1 pak gegee. Jack Sock het in die ander wedstryd met Alexander Zverev kragte gemeet vir ʼn plek in die halfeind. Sock het die wedstryd met 6-4, 1-6 en 6-4 gewen.

Gholf

  • Die DP Wêreldtoer-kampioenskap het gister in Dubai begin.
  • In Amerika het spelers in Georgia afgeslaan in die RSM Classic.
  • Die LPGA toer se CME Toerkampioenkap se eerste ronde is in Florida, in die VSA voltooi.

Krieket

  • Ottis Gibson het as afrigter van die Proteas, sy afrigtingspan bekendgemaak. Die Warriors se afrigter, Malibongwe Maketa, is sy assistant. Dale Benkenstein is die kolfafrigter en Justin Ontong sal na die veldwerk omsien. Claude Henderson bly aan as die draaibal-afrigter.
  • Op Eden Gardens in Kolkata speel Indië en Sri-Lanka in hul eerste toets teen mekaar. Reën het ʼn groot deel van dag oorheers.

Teen uitskeityd was Indië op 17/3 (11.5 bb)

  • Engeland speel in sy tweede opwarmingswedstryd teen ʼn Aussie-elftal ter voorbereiding van die reeks om die AS.

Die Aussies het 250 lopies in hul eerste beurt aangeteken.

Teen uitskeityd op dag twee was Engeland op 337/3 (86 bb)

Engeland is met 87 lopies voor met sewe paaltjies staande in die eerste beurt.

  • Drie Ram-Slam T20-wedstryde word vandag gespeel.

Sokker

  • Agt wedstryde word môre in die Engelse Premierliga gespeel:
  • In Suid-Afrika word die Telkom-uitdaagtroefee se halfeindstryde die naweek gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.