Vandag se sportnuus

Rugby

  • Agt Internasionale wedstryde is die naweek gespeel.
18Frankryk17 – 18Suid-AfrikaSaint Denis
18Ierland23 – 20FidjiAviva-stadion
18Skotland17 – 22Nieu-SeelandMurrayfield
18Japan39 – 6TongaToulouse
18Romenië17 – 13SamoaBucuresti
18Engeland30 – 6AustraliaTwickenham
18Wallis13 – 6GeorgiëPrincipality
18Italië15 – 31ArgentiniëFlorence

 

  • Nuus uit die Bokkamp is dat Duane Vermeulen moontlik komende Saterdag die kaptein kan wees wanneer die Bokke teen Italië speel. Eben Etzebeth sukkel met ’n beenbesering en die onder-kaptein, Siya Kolisi, keer na Suid-Afrika terug weens familie-redes.

Swem

FINA se kortbad-Wêreldbeker het dié naweek met die agtste en laaste byeenkoms in Singapoer ten einde geloop. Chad le Clos is as die mans se reekskampioen gekroon. Le Clos het by dié byeenkoms goud gewen in die 200 m-vlinderslag asook in die 100 m-vryslag. Sarah Sjostrom, van Swede, is as die vrouekampioen gekroon.

Tennis

Die ATP Toerfinale se eindstryd is in Londen beslis. Roger Federer is verrassend in die halfeind deur David Goffin getroef. In die enkelspel-eindstryd het Grigor Dimitrov vir Goffin met 7-5, 4-6 en 6-3 geklop.

Die dubbelspel-titel is deur Henri Kontinen en John Peers ingepalm.

Gholf

  • Die DP Wêreldtoer-kampioenskap het gister in Dubai ten einde geloop. Tommy Fleetwood het met die seisoen-boerpot van meer as R17 miljoen weggestap toe hy bo-aan die meriete-ordelys geëindig het. Die toernooi is deur Jon Rahm gewen.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Jon Rahm-19F-569686567269
2Shane Lowry-18F-969706863270
Kiradech Aphibarnrat-18F-569676767270
4Dylan Frittelli-17F-371686369271
Justin Rose-17F-266706570271
Sergio Garcia-17F-770696765271
Dean Burmester-17F-470686568271

 

  • In Amerika is die RSM Classic in Georgia gespeel.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Austin Cook-21F-366626667261
2J.J. Spaun-17F-467706266265
3Brian Gay-16F-265646968266
4Brian Harman-14F-569686665268
Kevin Kisner-14F-267686568268
Andrew Landry-14F-370646767268
Chris Kirk-14F+163706471268
29Retief Goosen-8F-267706968274

 

  • Die LPGA-toer se CME-toerkampioenkap is in Florida in die VSA afgehandel. Ariya Jutanugarn het op -15 geseëvier. Lexi Thompson en Jessica Korda het gesamentlik tweede geëindig.

Krieket

  • Op Eden Gardens in Kolkata speel Indië en Sri-Lanka in hul eerste toets teen mekaar.

Indië               172 & 171/1 (39.3 bb)

Sri Lanka      294

Teen uitskeityd op dag vier was Indië met 49 lopies voor met 9 paaltjies staande.

  • Engeland se tweede opwarmingswedstryd teen ’n Aussie elf-tal ter voorbereiding van die reeks om die AS is afgehandel.

Engeland het met 87 lopies geseëvier.

  • Twee Ram-Slam T20-wedstryde is gister gespeel.

Potchefstroom

Dolphins        168/6 (20 bb)

Lions              170/4 (20 bb) Reeza Hendricks 102 lopies.

Lions het die wenlopies van die laaste bal gemoker en wen met 6 paaltjies.

Centurion

Cape Cobras            119/9 (20 ov)

Titans                        120/3 (13.3/20 ov)

Titans wen met 7 paaltjies met 39 balle oor.

Branderroei

Suid-Afrika se mans het vyf van die topsewe-posisies ingeneem by die Wêreldkampioenskap in Hongkong. Die verdedigende kampioen, Cory Hill van Australië, was die wenner. Hank McGregor was tweede en Jasper Mocké derde.

Sokker

  • Van die uitslae in die Engelse Premierliga lyk só:
Manchester United4-1Newcastle
Arsenal2-0Tottenham
Leicester0-2Man City
West Brom0-4Chelsea
Liverpool3-0Southampton
Burnley2-0Swansea
Crystal Palace2-2Everton
Bournemouth4-0Huddersfield

 

  • In Suid-Afrika is die Telkom-Uitdaagtrofee se halfeindstryde die naweek gespeel. Bloem Celtic het vir Polokwane City met 4-3 in ’n doeluitskietstryd geklop nadat die eindtelling een elk was. Wits het vir Kaizer Chiefs met 1-0 geklop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.