Vandag se sportnuus

Rugby

  • Ná die naweek se wedstryde is Suid-Afrika steeds vyfde op die wêreldranglys.
PosSpan
1Nieu-Seeland
2Engeland
3Australië
4Ierland
5Suid-Afrika
6Skotland
7Wallis

 

  • Intussen is Rassie Erasmus terug in die Kaap en hy sal die pos van direkteur van rugby by Saru beklee. Erasmus sal omsien na die agt nasionale spanne asook na die ontwikkeling van spelers, afrigters en skeidsregters.

 

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks begin aanstaande naweek in Dubai waarna dit na Kaapstad verskuif vir die tweede toernooi. Komende Vrydag word die Springbok- mans- en vrouespanne sowel as die Akademie-span bekendgemaak. Al drie spanne vertrek die naweek na Dubai.

 

Swem

Fina se Wêreldbeker-reeks in die kortbad lyk die finale ranglyste só:

Mans

1 Chad le Clos RSA 447
2 Vladimir MorozovRUS333
3 Kirill PrigodaRUS270
4 Tom ShieldsUSA186
5 Cameron van der Burgh RSA153

 Vroue

1 Sarah SöströmSWE629
2 Katinka HosszuHON482
3 Ranomi KromowidjojoNED299
4 Emily SeebohmAUS282
5 Alia AtkinsonJAM210

 Tennis

Ná die ATP Toerfinale in Londen is Rafael Nadal steeds die voorste mansspeler ter wêreld.

PosBeweegSpelerPunte
10Rafael Nadal10645
20Roger Federer9605
33Grigor Dimitrov5150
4-1Alexander Zverev4610
5-1Dominic Thiem4015
140Kevin Anderson2480

Op die vroueranglys pronk Simona Halep steeds bo-aan die lys.

PosBeweegSpelerPunte
10Simona Halep6175
20Garbine Muguruza6135
30Caroline Wozniacki6015
40Karolina Pliskova5730
50Venus Williams5597
  • Die Wimbledon-kampioen van 1998, Jana Novotna van die Tsjeggiese Republiek, is gister in die ouderdom van 49 oorlede. Sy het lank kanker gehad.

Gholf

  • Na die DP Wêreldtoer-kampioenskap in Dubai lyk die wêreldranglys só:
PosSpelerTeornooiePunte
1Dustin Johnson4511.5668
2Jordan Spieth489.7527
3Justin Thomas528.9034
4Jon Rahm408.6345
22Louis Oosthuizen463.9690
29Branden Grace523.4425
33Charl Schwartzel503.1143
68Dylan Frittelli522.0159
  • Die wêreld se tweede beste speler, Jordan Spieth, sal dié week op die Australiese Ope in aksie wees. Hy sal ʼn optredefooi van nagenoeg $1 miljoen ontvang. Jason Day is die ander gunsteling om dié toernooi te wen.

Krieket

  • Op Eden Gardens in Kolkata het die eerste toets tussen Indië en Sri Lanka onbeslis geëindig.

Indië               172 & 281/7 (79.4 bb)

Sri Lanka       294 & 75/7 (26.3 bb, teiken was: 231)

Indië was 159 lopies voor met 3 paaltjies staande.

  • Die langverwagte reeks om die As tussen Australië en Engeland begin Donderdag in Brisbane.
  • Ná die naweek se vyf Ram-Slam T20-wedstryde is die Titans steeds die voorlopers op die punteleer.
PosSpan GWVGeGUPteNettLT
1Multiply Titans44000192.733
2Highveld Lions321008-0.394
3Dolphins3110160.433
4VKB Knights311016-0.432
5Cape Cobras303000-1.954
6Warriors202000-2.058

Sokker

  • In die Engelse Premierliga staan sake tans só:
PosTeamPWDLGFGAGDPts
1Manchester City1211104073334
2Manchester United128222762126
3Chelsea1281323101325
4Tottenham Hotspur127232091123
5Liverpool126422417722
6Arsenal127142216622
7Burnley12642129322

Drie PSL-wedstryde word vanaand gespeel.

Cape Town City FCvBaroka FCKaapstad-stadion18:00
Bidvest WitsvSundownsBidvest-stadion19:30
Orlando PiratesvGolden ArrowsOrlando-stadion19:30

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.