Vandag se sportnuus

Motorwedrenne

  • Die laaste Formule Een Grand Prix van 2017 word Sondag in Abu Dhabi gejaag. Lewis Hamilton is reeds as die kampioen van 2017 gekroon.
PosBestuurderSpanPte
1Lewis HamiltonMercedes GP345
2Sebastian VettelFerrari302
3Valtteri BottasMercedes GP280
4Daniel RicciardoRed Bull200
5Kimi RaikkonenFerrari193
6Max VerstappenRed Bull158

 Rugby

  • Die internasionale seisoen word die Saterdag voortgesit met ses wedstryde wat gespeel word.
ItaliëvSuid-AfrikaPadova15:00
EngelandvSamoaTwickenham16:00
SkotlandvAustraliëMurrayfield16:30
WallisvNieu-SeelandPrincipality Stadion19:15
IerlandvArgentiniëAviva Stadion19:30
FrankrykvJapanU Arena, Nanterre20:45

 

  • Alle aanduidings is dat die Bokke se sterkste span teen Italië sal uitdraf. Die kaptein, Eben Etzebeth, behoort te herstel van sy besering, maar daar is steeds kommer oor die besering van Malcolm Marx.
  • Slegte nuus vir Wallis is dat Liam Williams nie teen die All Blacks kan speel nie weens ʼn maagbesering. Die All Blacks het hul laaste 29 wedstryde teen Wallis gewen.
  • Die veteraan-Aussie, Stephen Moore, het sy uittrede uit alle vorme van rugby aangekondig. Dit sal volg ná Australië se toer deur Europa.

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks vir die 2017-’18-seisoen sal weer uit 10 toernooie bestaan. Die eerste toernooi word aanstaande naweek in Dubai gespeel en die reeks word in Junie in Frankryk afgesluit.

Gholf

  • Net ʼn paar groot name slaan môre af in die Australiese Ope. Jordan Spieth en Jason Day is onder die gunstelinge om dié toernooi te wen. Adam Scott sal die eerste keer in tien jaar nie in sy tuis-ope speel nie.
  • In die Europese reeks begin die Hongkong Ope ook môre.
  • Drie Suid-Afrikaners het intussen hul toerkaarte vir die 2018-seisoen tydens die kwalifiseringskool verdien. Hulle is Justin Walters, Christiaan Bezuidenhout en Jacques Kruyswijk.

Krieket

  • Die reeks om die AS tussen Australië en Engeland begin môre om 02:00 Suid-Afrikaanse tyd in Brisbane.
  • In die Ram-Slam T20-reeks pak die Dolphins en Warriors mekaar vanaand op Kingsmead in Durban. Die wedstryd begin om 18:00.

Sokker

  • In die EUFA-kampioeneliga is daar gisteraand agt wedstryde gespeel.
Sevilla3-3Liverpool
Manchester City1-0Feyenoord
Apoel Nicosia0-6Real Madrid
Borussia Dortmund1-2Tottenham Hotspur
Spartak Moscow1-1NK Maribor
Besiktas1-1FC Porto
Napoli3-0Shakhtar Donetsk
Monaco1-4RB Leipzig

 

  • Drie PSL-wedstryde is in Suid-Afrika afgehandel.

Mamelodi Sundowns klop Wits met 2-0. Orlando Pirates en Golden Arrows speel gelykop met 0-0. En Cape Town City en Baroka se eindtelling was 1-1.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Van ligawenners na relegasie kandidate . Wits sukkel regtig .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.