Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die reeks om die AS tussen Australië en Engeland het vanoggend in Brisbane begin. Die loot is deur Engeland gewen wat eerste kolf. Toe spel deur reën onderbreek is, was Engeland op 59/1 ná 29 boulbeurte.
  • In die Ram-Slam T20-reeks sou die Dolphins en Warriors mekaar gister in Durban pak. Reën het egter verhoed dat daar ’n uitslag in dié wedstryd was.

Gholf

  • In die Europese reeks meet die spelers kragte in die Hongkong Ope. Die vroeë voorlopersbord lyk só:
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1S.S.P. Chawrasia-511-5
2Matthew Fitzpatrick-412-4
3Tommy Fleetwood-312-3
Wen-tang Lin-310-3
5Robert Rock-214-2
Rafa Cabrera Bello-211-2
12Dylan Frittelli-111-1
Thomas Aiken-114-1

 

  • Die Australiese Ope het vanoggend in Sydney begin. Vroeg-vroeg het sake só gestaan:
Pos.SpelerTotaalDag
1C.Davis-8-8
2T.Macdonald-6-6
T3N.Cullen-5-5
T3Jason Day-5-5

 

  • Tiger Woods het vir die eerste keer in drie jaar nie meer rugpyn nie en hy is gereed om aanstaande week sy terugkeer na die gholfbaan te maak. Woods sal ná tien maande weer kompeterende gholf speel wanneer hy by die Hero Wêreld-uitdaging in die Bahamas afslaan.

Motorwedrenne

  • Vanjaar se Formule Een-seisoen loop die naweek in Abu Dhabi ten einde. Die eerste twee oefenrondes word môre gejaag en die kwalifisering sal Saterdag plaasvind.
  • Jean Todt sal byna verseker vir ’n derde termyn as die president van Formule Een se beheerliggaam, die Internasionale Automobiel Federasie, verkies word. Geen ander kandidate het hulle verkiesbaar gestel nie.

Rugby

  • Ses internasionale wedstryde word dié naweek gespeel. Dit sluit die Bokke se wedstryd teen Italië in. Die Bokspan word vandag bekend gemaak. Alle aanduidinge is dat Handré Pollard as losskakel behou sal word, al het hy met sy skopwerk pale toe gesukkel. Eben Etzebeth behoort die kaptein te wees.

Sewesrugby

  • Suid-Afrika sal môre weet watter spelers die Blitsbokke by die Wêreldreeks gaan verteenwoordig. Dié reeks skop aanstaande week in Dubai af. Suid-Afrika is tans die verdedigende kampioen. Die week daarna verskuif die aandag na Kaapstad vir die tweede toernooi in die reeks.

Tennis

  • Die opwarmingstyd voor ’n wedstryd sal voortaan tydens Grand Slam-toernooie net vyf minute wees. Die tydsverloop tussen twee punte word egter van 20 tot 25 sekondes verleng. Dié veranderings sal in Januarie by die Aussie Ope in werking tree. Daar sal in Melbourne selfs van ’n houe-alarm gebruik gemaak word om spelers te monitor.

Hokkie

  • Suid-Afrika se voorste mansspelers sal oor die volgende drie naweke sake uitspook in die Premier Hokkie-Liga in Randburg. Die aksie begin Saterdagoggend wanneer die eerste wedstryd om 08:00 tussen die Drakensberg Dragons en die Addo Elephants gespeel word.

Kanovaart

  • Die Organiseerders van die Dusi Kano-marathon is optimisties dat daar heelwat meer reën sal val voor aanstaande jaar se wedvaart as wat die geval vanjaar was. Vanjaar moes die roeiers hul bote vir dertig kilometer dra tydens die derde skof. Aanstaande jaar se wedvaart sal van 15 tot 17 Februarie afgehandel word.

Sokker

  • In die EUFA-kampioeneliga is daar gisteraand agt wedstryde gepeel. Chelsea en Barcelona het vir die uitklop gekwalifiseer, maar Man United is deur Basel met 1-0 geklop.
  • Vier PSL-wedtryde is in Suid-Afrika afgehandel. Polokwane City en Maritzburg United se telling was 0-0. So ook dié van AmaZulu en Kaizer Chiefs, asook Platinum Stars en Bloemfontein Celtic. Free State Stars speel gelykop teen Chippa United met een-elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.