- Die reeks om die AS tussen Australië en Engeland het gister in Brisbane begin. Ná dag een was Engeland op 196/4 (80.3 bb) Op dag twee het hulle voortgekolf en was almal uit vir 302. Stark en Cummins het elkeen 3 paaltjies geneem. Australië het vroeg hul eerste paaltjie verloor en was op 7/1.
- Die tweede toets tussen Sri Lanka en Indië begin ook vandag.
- In die Ram Slam T20-reeks word daar vandag 3 wedstryde gespeel.
24 | Cape Cobras | v | Highveld Lions | Paarl | 18:00 |
24 | Knights | v | Warriors | Bloemfontein | 18:00 |
24 | Titans | v | Dolphins | Benoni | 18:00 |
Gholf
- Die Australiese Ope se tweede ronde het vanoggend in Sydney begin. Jordan Spieth was na die eerste ronde sewe houe agter die voorloper.
Pos | Speler | Land | Put | Syfer | 1 | 2 | 3 | 4 | Totaal |
T1 | Lucas Herbert | AUS | 18 | -9 | 67 | 66 | – | – | 133 |
T1 | Cameron Davis | AUS | 6 | -9 | 63 | – | – | – | 63 |
3 | Jason Day | AUS | 6 | -7 | 66 | – | – | – | 66 |
4 | Nick Cullen | AUS | 4 | -5 | 66 | – | – | – | 66 |
- In die Europese reeks meet die spelers kragte in die Hongkong Ope.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Wade Ormsby | -5 | 10 | -3 | 68 | 68 | |||
S.S.P. Chawrasia | -5 | 65 | 65 | ||||||
Alexander Björk | -5 | 15 | -4 | 69 | 69 | ||||
4 | Matthew Fitzpatrick | -4 | 66 | 66 | |||||
Poom Saksansin | -4 | 10 | -1 | 67 | 67 | ||||
Keith Horne | -4 | 17 | -1 | 67 | 67 |
Motorwedrenne
- Die Abu Dhabi Formule Een Grand Prix word die naweek gejaag. Lewis Hamilton, wat reeds as kampioen gekroon is, gaan poog om sy voorsprong oor Sebastian Vettel selfs verder te rek.
Pos | Renjaer | Span | Pte |
1 | Lewis Hamilton | Mercedes GP | 345 |
2 | Sebastian Vettel | Ferrari | 302 |
3 | Valtteri Bottas | Mercedes GP | 280 |
4 | Daniel Ricciardo | Red Bull | 200 |
5 | Kimi Raikkonen | Ferrari | 193 |
Rugby
- Ses internasionale wedstryde word dié naweek gespeel.
Italië | v | Suid-Afrika | Padova | 15:00 |
Engeland | v | Samoa | Twickenham | 16:00 |
Skotland | v | Australië | Murrayfield | 16:30 |
Wallis | v | Nieu-Seeland | Principality Stadion | 19:15 |
Ierland | v | Argentinië | Aviva Stadion | 19:30 |
Frankryk | v | Japan | U Arena, Nanterre | 20:45 |
- Die Bokspan is gister bekend gemaak. Bongi Mbonambi sal die eerste keer in die beginspan wees en haker speel, terwyl Pieter-Steph du Toit terug is ná sy besering. Warrick Gelant is op die bank ingesluit. Eben Etzebeth sal weer die span aanvoer. Die Bokke het reeds 13 keer teen Italië gespeel en was 12 keer aan die wenkant.
Hokkie
- Die Premier Hokkie-liga begin môre in Randburg. Dié toernooi strek oor die volgende drie naweke.
Sokker
- In Engeland word daar vanaand een Premierliga-wedstryd gespeel. West Ham United kom teen Leicester City te staan om 22:00.
- In die plaaslike Premierliga word daar môre vyf wedstryde gepeel.
Chippa United | v | Sundowns | Nelson Mandela Bay Stadion | 15:30 |
Maritzburg United | v | Bidvest Wits | Harry Gwala Stadion | 15:30 |
Kaizer Chiefs | v | Free State Stars | Moses Mabhida Stadion | 18:00 |
Golden Arrows | v | Cape Town City | Princess Magogo Stadion | 20:15 |
Ajax Cape Town | v | AmaZulu FC | Athlone Stadion | 20:15 |