Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokspan wat Saterdag teen Wallis speel, sal vandag bekend gemaak word. Die groot vraag, oor wie Duane Vermeulen en Francois Louw se skoene gaan volstaan, sal dan beantwoord word.
  • Daar is net een internasionale wedstryd wat die naweek gespeel word:
2 DesWallisvSuid-AfrikaPrincipality Stadion, Cardiff16:30
  • In die Pro14-reeks word daar sewe wedstryde gespeel:
1KingsvEdinburghNelson Mandela Bay Stadion19:15
1Newport Gwent DragonsvUlsterRodney Parade21:35
1Glasgow WarriorsvCardiff BluesScotstoun Stadion21:35
2ZebrevConnachtStadio Lanfranchi15:15
2BenettonvLeinsterStadio Comunale di Monigo17:30
2MunstervOspreysIrish Independent Park19:30
2CheetahsvScarletsToyota Stadion19:35

 Sewesrugby

  • Die Dubai-sewes begin môre om 07:00 Suid-Afrikaanse tyd. Suid-Afrika speel drie wedstryde op dag een:
    • 08:52: Uganda
    • 12:36: Kenia
    • 17:53: Kanada

Môre se eerste ronde wedstryde lyk só:

VSAvArgentinië07:00
Nieu-SeelandvSamoa07:22
AustraliëvWallis07:44
FidjivRusland08:06
KanadavKenia08:30
Suid-AfrikavUganda08:52
SkotlandvFrankryk09:14
EngelandvSpanje09:36

 Gholf

  • In die Europese reeks het die spelers vanoggend in die Mauritius Ope Die Heritage-baan in die suidweste van Mauritius is 6 987 m lank. Alle oë sal op Louis Oosthuizen wees. Justin Walters was op een-onder-syfer tussen die vroeë voorlopers.
  • Die voorlopersbord in die Australiese PGA-kamioenskap lyk só: 
PosSpeler             TelPut      Tot
1Sergio García-5F [F]-5
T2R. Gibson-4F [F]-4
T2G. Chalmers-4F [F]-4
T2S. Dartnall-4F [F]-4
T2D. Bransdon-416-4

 

  • Die Hero Wêrelduitdaging begin later vandag in die Bahamas. Tiger Woods gaan poog om sy terugkeer na die gholfbaan met ʼn oorwinning te begin. Onder die 18 spelers is Dustin Johnson en Jordan Spieth se name.

 Krieket

  • Die eerste toets tussen Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande begin  môre in Wellington.
  • Die tweede toets in die reeks om die AS, tussen Australië en Engeland, skop Saterdag af. Die Aussie het die eerste toets met 10 paaltjies gewen. 
  • Twee wedstryde is gister in die Ram-Slam T20-reeks gespeel. 

Paarl

Cape Cobras            159/4 (20 bb)
Warriors                    149/8 (20 bb)

Cape Cobras wen met 10 lopies.

 Johannesburg

Lions
Titans

Die wedstryd het uitgereën sonder dat ʼn bal geboul is.

Hokkie

  • Die tweede naweek van kompetisie in die Premier Hokkieliga word Saterdag en Sondag in Randburg afgehandel.

Sokker

  • In Engeland se Premierliga is ses wedstryde gisteraand afgehandel.

Raheem Sterling het in die 96ste minuut die wendoel vir Manchester City teen Southampton aangeteken om met 2-1 te seëvier. City is nou weer agt punte voor United op die punteleer. Daar was ook oorwinnings vir Chelsea, Arsenal, Liverpool, Burnley en Everton. Wayne Rooney het ʼn driekuns vir Everton behaal.

  • In die Plaaslike Premierliga is een wedstryd gespeel. SuperSport United het in die Mbombela Stadion vir Ajax van Kaapstad met 1-0 geklop.
  • Die Telkom-uitdaging se eindstryd word Saterdag gespeel. Wits en Bloemfontein Celtic pak mekaar om 18:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.