Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokspan wat môre om 16:30 teen Wallis speel is bekendgemaak. Daar is vyf veranderinge aangebring met een nuwe agterspeler in die beginspan. Warrick Gelant sal op linkervleuel uitdraf. Onder die voorspelers sal Dan du Preez op agsteman sak met Siya Kolisi en Pieter-Steph du Toit as die flanke. Steven Kitshoff, Malcolm Marx en Wilco Louw is die voorry.

Die volledige beginspan is Andries Coetzee, Dillyn Leyds, Jesse Kriel, Francois Venter, Warrick Gelant, Handre Pollard, Ross Cronje, Dan du Preez, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Lood de Jager, Eben Etzebeth, Wilco Louw, Malcolm Marx en Steven Kitshoff.

Die plaasvervangers is Bongi Mbonambi, Trevor Nyakane, Ruan Dreyer, Oupa Mohoje, Uzair Cassiem, Louis Schreuder, Elton Jantjies en Lukhanyo Am.

  • In die Pro-14 reeks word daar dié naweek sewe wedstryde gespeel:
1KingsvEdinburghNelson Mandela Bay Stadion19:15
1Newport Gwent DragonsvUlsterRodney Parade21:35
1Glasgow WarriorsvCardiff BluesScotstoun-stadion21:35
2ZebrevConnachtStadio Lanfranchi15:15
2BenettonvLeinsterStadio Comunale di Monigo17:30
2MunstervOspreysIrish Independent Park19:30
2CheetahsvScarletsToyota Stadion19:35

 Sewesrugby

  • Die Dubai-sewes begin vanoggend om 07:00 Suid-Afrikaanse tyd. In die eerste kragmeting sal die VSA teen Argentinië op die veld draf. Nieu-Seeland speel daarna teen Samoa en dan is dit Australië teen Wallis. Suid-Afrika se eerste wedstryd is om 08:52 teen Uganda. Daarna speel ons om 12:36 teen Kenia en die laaste wedstryd is teen 17:53 teen Kanada.
  • In die vrouekompetisie het die Suid-Afrikaanse span al hul wedstryde op die eerste dag in Dubai verloor. Nieu-Seeland, die VSA en Frankryk het die Suid-Afrikaners geklop.

Gholf

  • In die Europese reeks is die eerste ronde van die Mauritius Ope voltooi en die voorloper spog met ʼn splinternuwe baanrekord.
1Arjun Atwal-9F-96262
2Louis de Jager-5F-56666
Ockie Strydom-5F-56666
Miguel Tabuena-5F-56666
Sebastian Heisele-5F-56666
Adilson da Silva-5F-56666
7Oliver Bekker-4F-46767
Dylan Frittelli-4F-46767
Jbe’ Kruger-4F-46767
Louis Oosthuizen-4F-46767
  • Die Hero Wêrelduitdaging se eerste ronde is in die Bahamas voltooi.
1Tommy Fleetwood-6F-66666
2Rickie Fowler-5F-56767
Matt Kuchar-5F-56767
4Kevin Chappell-4F-46868
Justin Rose-4F-46868
Dustin Johnson-4F-46868
Jordan Spieth-4F-46868
8Tiger Woods-3F-369   69
  • Die tweede ronde in die Australiese PGA-kamioenskap is reeds aan die gang en die vroeë voorlopersbord lyk só:
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Marc Leishman-12F-76765132
Adam Bland-12F-66666132
3Cameron Smith-9F-56867135
Jordan Zunic-9F-36669135
5Harold Varner Iii-7F-67166137
Brett Rankin-7F-36869137
James Nitties-7F-36869137
Sergio Garcia-77-26767

Krieket

  • Die eerste toets tussen Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande het in Wellington begin.

Teen teetyd op die eerste dag:

Nieu-Seeland                      9/0 (6 bb)

Wes-Indiese Eilande          134

Die Suid-Afrikaans gebore, Neil Wagner, het 7 paaltjies vir 39 lopies platgetrek.

  • Die tweede toets in die Reeks om die Asse, tussen Australië en Engeland skop môre af. Die Aussie het die eerste toets met 10-paaltjies gewen. Engeland se veelsydige Moeen Ali sukkel met ʼn sny aan sy vinger en sal dalk nie speel nie.
  • Drie wedstryde word vanaand in die Ram-Slam T20-reeks gespeel.
1Hollywoodbets DolphinsvWSB Cape CobrasSahara Stadium Kingsmead, Durban18:00
1VKB Knightsvbizhub Highveld LionsMangaung Oval, Bloemfontein18:00
1Multiply TitansvWarriorsSahara Park Willowmoore, Benoni18:00

Hokkie

  • Die tweede naweek van kompetisie in die Premier-hokkieliga word môre en Sondag in Randburg afgehandel.

Sokker

  • Die trekking vir die 2018 Wêreldbeker in Rusland word vandag gemaak. Altesaam 32 spanne het gekwalifiseer om in aksie te wees.
  • In Engeland se Premierliga word daar môre agt wedstryde gespeel.
ChelseavNewcastle UnitedStamford Bridge14:30
WatfordvTottenham HotspurVicarage Road-stadion17:00
Leicester CityvBurnleyKing Power-stadion17:00
Brighton & HovevLiverpoolCommunity-stadion17:00
West BromwichvCrystal PalaceThe Hawthorns17:00
Stoke CityvSwansea CityBet365-stadion17:00
EvertonvHuddersfield TownGoodison Park17:00
ArsenalvManchester UnitedEmirates Stadium19:30
  • Die Telkom-uitdaging se eindstryd word môre gespeel. Wits en Bloemfontein Celtic pak mekaar om 18:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.