Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke het Saterdag in hul laaste wedstryd van die jaar in Cardiff gespeel en pak gekry. Wallis was vroeg met 14-0 voor en het uiteindelik dié toets met 24-22 gewen.
  • In die Pro14 reeks is daar sewe wedstryde afgehandel:
Cheetahs28 – 21ScarletsToyota-stadion
Munster36 – 10OspreysIrish Independent Park
Benetton10 – 36LeinsterStadio Comunale di Monigo
Zebre24 – 10ConnachtStadio Lanfranchi
Newport32 – 32UlsterRodney Parade
Glasgow Warriors40 – 16Cardiff BluesScotstoun-stadion
Kings21 – 48EdinburghNelson Mandelabaai-stadion

 Sewesrugby

  • Die Dubai-sewes is die naweek gespeel en die Blitsbokke het goed afgeskop in die verdediging van hul wêreldkroon. Suid-Afrika het al drie hul groepwedstryde gewen. In die kwarteind het ons met Samoa afgereken, in die halfeind het ons vir Fidji geklop en in die eindstryd die All Blacks.

Finale uitslae:

Suid-Afrika (1ste)24 – 12Nieu-Seeland (2de)
Fidji (4de)21 – 28Engeland (3de)
Samoa (6de)17 – 22Australië (5de)


Gholf

  • Die aksie verskuif komende naweek na Kaapstad vir die tweede toernooi in die wêreldreeks.
  • In die Europese reeks is die Mauritius Ope voltooi en die wenner was ʼn Suid-Afrikaner.
PosSpelerTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Dylan Frittelli-16F-467666867268
2Arjun Atwal-16F-362706868268
3Romain Langasque-14F-467696767270
4Louis de Jager-13FE66676771271
5Miguel Tabuena-12FE66686771272
Matthieu Pavon-12F-569686966272
7Jose-Filipe Lima-11F-168666970273
Louis Oosthuizen-11F-467687167273
  • Die Hero Wêreld-uitdaging is in die Bahamas voltooi.
PosPlayerScoreThruTodayRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Rickie Fowler-18F-1167707261270
2Charley Hoffman-14FE69637072274
3Tommy Fleetwood-12F-566697467276
Jordan Spieth-12F-368677269276
9Tiger Woods-8F-469687568280

 Die Australiese PGA-kamioenskap is op die tweede uitspeel-putjie deur Cameron Smith gewen.

  • – Cameron Smith (AUS) 68-67-67-68 en Jordan Zunic (AUS) 66-69-64-71
  • – Adam Bland (AUS) 66-66-71-68

 Krieket

  • Die eerste toets tussen Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande is in Wellington afgehandel.

Wes-Indies Eilande 134 & 319 (106 bb)
Nieu Seeland 520/9 verklaar
Nieu-Seeland wen met ʼn beurt en 67 lopies.

  • Indië en Sri-Lanka speel ook in hul derde toets teen mekaar in Delhi.

Indië 536/7 verklaar

Sri Lanka 131/3 (44.3 bb)

Teen uitskeityd op dag twee was Sri-Lanka nog 405 lopies agter met 7 paaltjies staande.

  • Die tweede toets in die reeks om die AS tussen Australië en Engeland het Saterdag afgeskop.

Australië 442/8 verklaar

Engeland 29/1 (9.1 bb)

Teen uitskeityd op dag twee was Engeland 413 lopies agter met 9 paaltjies staande.

  • Twee wedstryde is gister in die Ram-Slam T20-reeks gespeel.

 Port Elizabeth

Warriors 153/8 (20 bb)
Dolphins 152/7 (20 bb)
Warriors wen met een lopie.

 Port Elizabeth

Knights 133/7 (20 bb)
Titans 139/5 (19.5/20 bb)
Titans wen met 5 paaltjies met een bal oor.

Boks

  • Barend van Rooyen, wat dié maand veertig jaar oud word, het die vakante Suid-Afrikaanse middelgewig-titel Van Rooyen het Saterdagaand vir Yanga Phetani in die sesde ronde gestuit om dié titel syne te maak.

 Fietsry

  • Die Stellenbosch Fietstoer is gister in nat omstandighede deur Rohan du Plooy gewen. Liezel Jordaan het die vroue afdeling ingepalm.

 Hokkie

  • Die tweede naweek van kompetisie in die Premier Hokkie-Liga is gister en eergister in Randburg afgehandel. Gister se uitslae lyk só:
Mapungubwe Mambas                  1-0         Kilimanjaro Addo Elephants
iWYZE Namaqualand Daisies       2-1         Wineland Wings
Crossroads Maropeng Cavemen  3-0         ProGrip Drakensberg Dragons
Tivoli Blyde River Bunters             1-0         TopT Madikwe Rangers
iWYZE Golden Gate Gladiators     6-3        Garden Route Gazelles

Sokker

  • In Engeland se Premierliga het Manchester City gister hul 13de-agtereenvolgende oorwinning behaal. Hulle het West Ham United met 2-1 geklop. Bournemouth en Southampton het met een elk gelykop gespeel.
  • Die Telkom-uitdaging se eindstryd tussen Wits en Bloemfontein Celtic is Saterdag gespeel. Die studente van Wits het koning gekraai met 1-0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.