Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die tweede toernooi in die Wêreldreeks word komende naweek in Kaapstad gespeel. Alle kaartjies vir dié geleentheid was gou uitverkoop en ʼn volgepakte stadion word verwag. Verlede jaar is dié geleentheid aangewys as die beste van al die sewes-toernooie. Die Blitsbokke sal Saterdag in Groep A teen Rusland, Frankryk en dan Kenia speel.

 Olimpiese Spele

  • Die IOK het gister Rusland verbied om aan die 2018 Winter Olimpiese Spele deel te neem. Die besluit is geneem na aanleiding van bewyse dat ʼn grootskaalse manipulasie van die teen-opkikkerprogram in Rusland plaasgevind het. Enkele atlete, sonder ʼn opkikker-verlede, sal toegelaat word om deel te neem.

 Gholf

  • Op die plaaslike front verskuif die fokus dié week na die Randpark-buiteklub. Die Joburg Ope begin môre wanneer die spelers op albei bane van dié klub sal meeding. 
  • In die Amerikaanse PGA-reeks begin die sogenaamde QBE Shootout Vrydag in Florida.

 Krieket

  • Die tweede toets in die reeks om die As tussen Australië en Engeland het gister sy vierde dag beleef en enige van die twee spanne kan nog die wedstryd beklink.

Australië het 442/8 verklaar en 138 aangeteken.
Engeland 227 en 176/4 (62 bb, teiken 354).

Engeland moet op die laaste dag nog 178 lopies aanteken, met 6 paaltjies staande, om die reeks gelykop te maak.

  • Indië en Sri Lanka speel in hul derde toets teen mekaar in Delhi.

Indië 536/7 verklaar en 246/5 verklaar.
Sri-Lanka 373 en 31/3 (16 bb, teiken 410)

Teen uitskeityd op dag vier was Sri Lanka 379 lopies agter met 7 paaltjies staande.

  • Die Windies se kaptein, Jason Holder, is vir een toets geskors en sal nie teen Nieu-Seeland in Hamilton in die tweede toets speel nie. Die straf is opgelê vir die stadige boultempo van die Windies in die eerste toets.
  • Vier Proteas is in die Suid-Afrikaanse uitnodigingspan ingesluit vir ʼn driedaagse oefenwedstryd teen Zimbabwe. Chris Morris en Dale Steyn maak hul terugkeer na lang beseringstye. AB de Villiers en Temba Bavuma sal ook die kans kry om weer meerdagkrieket te speel. Die wedstryd word van 20 tot 22 Desember gespeel.
  • In die Ram-Slam T20-reeks word daar vanaand twee wedstryde afgehandel.
6DolphinsvHighveld LionsT20Kingsmead, Durban18:00
6KnightsvCape CobrasT20Diamond Oval, Kimberley18:00

Sokker

  • In Europa is agt wedstryde in die Eufa-kampioenliga gespeel.

Man United, Juventus, Roma en Basel het vir die laaste 16 gekwalifiseer, maar Atletico Madrid is uitgeskakel.

Gisteraand se uitslae:

Group A: Benfica 0-2 Basel,        Manchester United 2-1 CSKA
Group B: Bayern 3-1 Paris,          Celtic 0-1 Anderlecht
Group C: Roma 1-0 Qarabağ,      Chelsea 1-1 Atlético Madrid
Group D: Barcelona 2-0 Sporting, Olympiacos 0-2 Juventus

Vanaand se bepalings:

Group E: Maribor v Sevilla,          Liverpool v Spartak Moskva
Group F: Feyenoord v Napoli,     Shakhtar Donetsk v Man City,
Group G: Leipzig v Beşiktaş,        Porto v Monaco
Group H: Tottenham v APOEL,   Real Madrid v Borussia Dortmund

  • In die Plaaslike Premierliga was daar drie wedstryde afgehandel.

Cape Town City FC                 2 – 4    Maritzburg United
Mamelodi Sundowns         4 – 0    Baroka FC
Orlando Pirates                   0 – 0    SuperSport United

Vanaand word daar ʼn verdere vyf wedstryde in die Premierliga gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.