Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks word dié naweek voortgesit met die tweede toernooi wat in Kaapstad gespeel word. Die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het gister dieselfde 12 spelers vir dié naweek se toernooi gekies.

Die 16 spanne is in vier groepe ingedeel vir die groepfase.

  • Groep A: Suid-Afrika, Rusland, Frankryk en Kenia.
  • Groep B: Australië, Nieu-Seeland, Spanje en die VSA.
  • Groep C: Argentinië, Engeland, Skotland en Uganda.
  • Groep D: Kanada, Fidji, Samoa en Wallis.

Gholf

  • Die Joburg Ope begin vanoggend by die Randpark-buiteklub in Randburg. Die toernooi word deur die Sonskyn-, Europese asook Asiese reeks onderskryf. Onder die 240 spelers wat dopgehou kan word, is verlede week se wenner in Mauritius, Dylan Frritelli, asook Dean Burmester, Haydn Porteous en George Coetzee. Ongelukkig moes Louis Oosthuizen hom aan dié toernooi onttrek nadat hy sy vingers in ʼn fratsongeluk met twee trollies op die lughawe beseer het. 
  • In die Amerikaanse PGA-reeks slaan die spelers môre af in die sogenaamde QBE Shootout in Florida. Daar is 12 spanne met twee spelers elk wat sal meeding.

 Atletiek

  • Atlete in Suid-Afrika is baie opgewonde oor die splinternuwe Grand Prix-reeks wat in Maart afskop en spog met prysgeld van byna R1,4 miljoen. Atlete soos Wayde van Niekerk, Caster Semenya, Akani Simbine en Luvo Manyonga kan nou op plaaslike bodem goeie prysgeld verdien. 

Krieket

  • Ben Stokes en Alex Hales is ingesluit in Engeland se Eendag-groep van 16 spelers vir aanstaande maand se Eendagreeks teen Australië. Stokes kan tans nie vir Engeland speel nie ná die nagklubinsident in Bristol.
  • Die tweede toets in die reeks om die As tussen Australië en Engeland het gister vroeg op dag vyf geëindig. Engeland, wat ʼn teiken van 354 gejaag het vir ʼn oorwinning, is vir 233 lopies uitgehaal. Dit gee aan die Aussies ʼn oorwinning van 120 lopies. (Root 67, Starc 5-88). Die derde toets sal in Perth gespeel word met Australië wat nou net een oorwinning weg is daarvan om die trofee om die As terug te wen.
  • Indië en Sri Lanka het in hul derde toets teen mekaar in Delhi gespeel.

Indië 536/7verklaar & 246/5 verklaar.
Sri-Lanka 373 & 299/5 (103 bb, teiken was 410)

Uitslag: Onbeslis

  • In die Ram Slam T20-reeks was daar gister twee wedstryde geskeduleer.
  • Die wedstryd tussen die Dolphins en die Lions in Durban het uitgereën.
  • In Kimberley het die Cape Cobras die Knights pak gegee.

Cape Cobras 156/9 (20 bb)
Knights 151/9 (20 bb)

Cape Cobras wen met 5 lopies

Sokker

  • In Europa is die laaste agt wedstryde in die Eufa-kampioenliga se groepfase afgehandel. Liverpool, Sevilla, Shakhtar Donetsk en Porto het vir die laaste 16 gekwalifiseer. Cristiano Ronaldo het sy negende doel in vanjaar se kompetisie aangeteken.

Uitslae:

Groep E: Maribor 1-1 Sevilla,                   Liverpool 7-0 Spartak Moskva

Groep F: Feyenoord 2-1 Napoli,              Shakhtar Donetsk 2-1 Manchester City

Groep G: Leipzig 1-2 Beşiktaş,                 Porto 5-2 Monaco

Groep H: Tottenham 3-0 APOEL,          Real Madrid 3-2 Borussia Dortmund

  • In die plaaslike Premierliga is vyf wedstryde afgehandel.

Polokwane City       0 – 1    Platinum Stars
Bidvest Wits            0 – 0    Ajax Cape Town
Chippa United         1 – 0    Kaizer Chiefs
Free State Stars       2 – 1    Golden Arrows
Cape Town City       2 – 4    Maritzburg United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.