Krieket
Die Proteas en Sri Lanka het mekaar gister in Kaapstad in hul vierde eendagkragmeting gepak. Die Proteas het eerste gekolf en Faf du Plessies het 185 lopies gemoker, wat die tweede hoogste aantal lopies nog in ʼn eendagwedstryd vir SA is.
Suid-Afrika 367/5 (50 bb)
Sri Lanka 327 (48.1/50 bb) Wayne Parnell het 4/58 platgetrek.
SA wen met 40 lopies en loop nou met 4-0 voor in die reeks.
In Colombo het die SA vrouespan teen Pakistan in hul derde eendagwedstryd gespeel.
SA Vroue 258/9 (50 bb)
Pakistan Vroue 195/6 (50 bb)
Suid-Afrika wen met 63 lopies
Sunfoil Krieketreeks
3 wedstryde begin more:
Dolphins v Cape Cobras, Kingsmead, Durban 09:00
Highveld Lions v Knights, Wanderers, Johannesburg 10:00
Titans v Warriors, Willowmoore, Benoni 10:00
Super Rugby
Die Bulls-nuweling, Lood de Jager, sal Donderdag vir die eerste keer vir sy nuwe span uitdraf, wanneer hulle teen die Chiefs speel in ʼn vriendskaplike wedstryd.
6 Nasies Rugby
Die komende naweek se aksie lyk so:
11 Italië v Ierland, Stadio Olimpico 16:25
11 Wallis v Engeland, Principality Stadium 18:50
12 Frankryk v Skotland, Stade de France 17:00
Varsity Rugby
Op die jongste punteleer staan sake so:
1 FNB Shimlas 2 2 0 0 73 50 23 10
2 FNB NWU-Puk 2 2 0 0 53 19 34 9
3 FNB Maties 2 1 0 1 35 27 8 5
4 FNB Madibaz 2 1 0 1 43 45 -2 5
5 FNB Tuks 1 1 0 0 13 9 4 4
6 FNB UCT 2 1 0 1 29 48 -19 4
7 FNB UJ 2 0 0 2 41 63 -22 2
8 FNB Wits 2 0 0 2 35 52 -17 1
9 FNB CUT 1 0 0 1 12 21 -9 0
Gholf
In Europa begin die Maybank-kampioenskap more in Kuala Lumpur, Maleisië.
In die VSA slaan die spelers af in die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië.
Die Kaapstad Vroue Ope het gister by die Royal Cape-golfklub begin, waar die baansyfer 74 is vir die vroue. Die tellings lyk so na die eerste rondte:
71 – Ashleigh Buhai
72 – Lauren Taylor (ENG), Stacy Bregman
73 – Hannah Arnold (VSA), Tandi von Ruben
74 – Rebecca Hudson (ENG), Lee-Anne Pace, Francesca Cuturi, Anna Sventrup (SWE), Bonita Bredenhann (NAM)
Tennis
So lyk die jongste Wêreldranglys
1 Andy Murray 11540
2 Novak Djokovic 9825
3 Stan Wawrinka 5695
4 Milos Raonic 4930
5 Kei Nishikori 4830
6 Rafael Nadal 4385
74 Kevin Anderson 680
Vroue Ranglys
1 Serena Williams 7780
2 Angelique Kerber 7115
3 Karolina Pliskova 5270
4 Simona Halep 5172
5 Dominika Cibulkova 5070
6 Agnieszka Radwanska 4915
Atletiek
Rusland het erken hul atelete en afrigters was skuldig aan grootskaalse opkikker-oortredings, maar gesê hulle is besig om dit uit te roei. Die IAAF het die land se skorsing verleng tot na vanjaar se Wêreldkampioenskap.
Sokker
In die plaaslike Premierliga is 4 wedstryde gisteraand gespeel:
Chippa United 2 – 1 Baroka FC
Cape Town City FC 3 – 0 Highlands Park
Bidvest Wits 5 – 0 Ajax Cape Town
Kaizer Chiefs 3 – 1 Free State Stars
In die Engelse FA beker word een wedstryd vanaand gespeel.
Leicester City v Derby County King Power Stadium 21:45