- Groot opwinding heers vir die naweek se Kaapstad-been van die Wêreldreeks. Die skedule vir môre se eerste wedstryde in die groepfase lyk só:
Samoa | v | Kanada | 10:15 | |
Fidji | v | Wallis | 10:37 | |
Skotland | v | Argentinië | 10:59 | |
Engeland | v | Uganda | 11:21 | |
Australië | v | Spanje | 11:43 | |
Nieu-Seeland | v | VSA | 12:05 | |
Kenia | v | Frankryk | 12:27 | |
Suid-Afrika | v | Rusland | 12:49 |
Gholf
- Sergio Garcia is as die Europese toer se speler van die jaar aangewys. Hy het vanjaar die Amerikaanse Meesters gewen asook die Dubai Desert Classic en die Valderrama Meesters.
- Die Joburg-Ope het gister by die Randpark-buiteklub in Randburg begin. Daar is 240 spelers wat meeding om die titel. Die beste ronde is deur Suid-Afrika se Keenan Davidse gespeel.
Pos | Speler | Tel | Put | Rnd 1 | Rnd 2 | Rnd 3 | Rnd 4 | Tot |
1 | Keenan Davidse | -8 | F | 63 | 63 | |||
2 | Ockie Strydom | -7 | F | 64 | 64 | |||
Jared Harvey | -7 | F | 64 | 64 | ||||
Sebastian Heisele | -7 | F | 64 | 64 | ||||
Matthew Baldwin | -7 | F | 64 | 64 | ||||
James Morrison | -7 | F | 64 | 64 | ||||
Erik van Rooyen | -7 | F | 64 | 64 | ||||
8 | Oliver Bekker | -6 | F | 66 | 66 | |||
Dean Burmester | -6 | F | 66 | 66 |
- In die Amerikaanse PGA-reeks slaan die spelers later vandag af in die QBE-spankompetisie in Florida. Van die groot name wat in aksie sal wees, sluit in Zach Johnson, Shane Lowry en Graeme McDowell.
Krieket
- In die Ram-Slam T20-reeks word daar vanaand drie wedstryde gespeel.
Cape Cobras | v | Titans | PPC Newlands, Kaapstad | 18:00 | ||
Highveld Lions | v | Warriors | Senwes Park, Potchefstroom | 18:00 | ||
Knights | v | Dolphins | Mangaung Oval, Bloemfontein | 18:00 |
Formule Een
- Honda het begin met die herstrukturering van sy Formule Een-bedrywighede vir 2018. Honda en McLaren se paadjies het onlangs geskei. Honda berei nou voor vir sy nuwe vennootskap saam met die Toro Rosso-span wat in die nuwe jaar afskop.
Tennis
- Op Stellenbosch is die tweede ronde van die Digicall Futures-toernooi
- In die mans-enkelspel het die eerste gekeurde Nik Scholtz vir Javier Pulgar-Garcia (Spanje) met 6-4 en 6-3 geklop.
- In die vroue-enkelspel het die eerste gekeurde Chanel Simmonds vir
Joelle Kissell (VSA) met 6-1 en 6-1 kafgedraf.
Boks
- Die Orient Teater, in Oos-Londen, sal vanaand stampvol wees wanneer daar verskeie gevegte op die spyskaart is. Dit sluit twee Suid-Afrikaanse titelgevegte asook twee IBF Interkontinentale titelgevegte in. Die toernooi begin vanaand om 19:00.
Sokker
- Portugal se Cristiano Ronaldo het gisteraand die Ballon d’Or-toekenning as die wêreld se speler van die jaar ontvang. Dit was Ronaldo se vyfde keer dat hy die gesogte titel verower het. Daarmee ewenaar hy Lionel Messi se vyf toekennings.
- In die Engelse Premierliga pak Man City en Man United mekaar Sondag. Daar is sewe wedstryde vir môre geskeduleer.
West Ham United | v | Chelsea | London Stadion | 14:30 |
Burnley | v | Watford | Turf Moor | 17:00 |
Huddersfield Town | v | Brighton & Hove | John Smith Stadion | 17:00 |
Crystal Palace | v | AFC Bournemouth | Selhurst Park | 17:00 |
Tottenham Hotspur | v | Stoke City | Wembley Stadion | 17:00 |
Swansea City | v | West Bromwich | Liberty Stadion | 17:00 |
Newcastle United | v | Leicester City | St. James’ Park | 19:30 |
- In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel en môre vyf.
Vanaand
Maritzburg United | v | Baroka FC | Harry Gwala Stadion | 20:00 |
Môre
Polokwane City | v | Bidvest Wits | Old Peter Mokaba | 15:30 |
SuperSport United | v | Cape Town City FC | Mbombela Stadion | 15:30 |
Platinum Stars | v | Kaizer Chiefs | Royal Bafokeng Stadion | 18:00 |
Orlando Pirates | v | AmaZulu FC | Orlando Stadion | 20:15 |
Ajax Cape Town | v | Chippa United | Bidvest Stadion | 20:15 |