Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Groot opwinding heers vir die naweek se Kaapstad-been van die Wêreldreeks. Die skedule vir môre se eerste wedstryde in die groepfase lyk só:
SamoavKanada10:15
FidjivWallis10:37
SkotlandvArgentinië10:59
EngelandvUganda11:21
AustraliëvSpanje11:43
Nieu-SeelandvVSA12:05
KeniavFrankryk12:27
Suid-AfrikavRusland12:49

Gholf

  • Sergio Garcia is as die Europese toer se speler van die jaar aangewys. Hy het vanjaar die Amerikaanse Meesters gewen asook die Dubai Desert Classic en die Valderrama Meesters.
  • Die Joburg-Ope het gister by die Randpark-buiteklub in Randburg begin. Daar is 240 spelers wat meeding om die titel. Die beste ronde is deur Suid-Afrika se Keenan Davidse gespeel.
PosSpelerTelPutRnd 1Rnd 2Rnd 3Rnd 4Tot
1Keenan Davidse-8F6363
2Ockie Strydom-7F6464
Jared Harvey-7F6464
Sebastian Heisele-7F6464
Matthew Baldwin-7F6464
James Morrison-7F6464
Erik van Rooyen-7F6464
8Oliver Bekker-6F6666
Dean Burmester-6F6666
  • In die Amerikaanse PGA-reeks slaan die spelers later vandag af in die QBE-spankompetisie in Florida. Van die groot name wat in aksie sal wees, sluit in Zach Johnson, Shane Lowry en Graeme McDowell.

 Krieket

  • In die Ram-Slam T20-reeks word daar vanaand drie wedstryde gespeel.
Cape CobrasvTitansPPC Newlands, Kaapstad18:00
Highveld LionsvWarriorsSenwes Park, Potchefstroom18:00
KnightsvDolphinsMangaung Oval, Bloemfontein18:00

Formule Een

  • Honda het begin met die herstrukturering van sy Formule Een-bedrywighede vir 2018. Honda en McLaren se paadjies het onlangs geskei. Honda berei nou voor vir sy nuwe vennootskap saam met die Toro Rosso-span wat in die nuwe jaar afskop.

 Tennis

  • Op Stellenbosch is die tweede ronde van die Digicall Futures-toernooi
    • In die mans-enkelspel het die eerste gekeurde Nik Scholtz vir Javier Pulgar-Garcia (Spanje) met 6-4 en 6-3 geklop.
    • In die vroue-enkelspel het die eerste gekeurde Chanel Simmonds vir

Joelle Kissell (VSA) met 6-1 en 6-1 kafgedraf.

 Boks

  • Die Orient Teater, in Oos-Londen, sal vanaand stampvol wees wanneer daar verskeie gevegte op die spyskaart is. Dit sluit twee Suid-Afrikaanse titelgevegte asook twee IBF Interkontinentale titelgevegte in. Die toernooi begin vanaand om 19:00.

 Sokker

  • Portugal se Cristiano Ronaldo het gisteraand die Ballon d’Or-toekenning as die wêreld se speler van die jaar ontvang. Dit was Ronaldo se vyfde keer dat hy die gesogte titel verower het. Daarmee ewenaar hy Lionel Messi se vyf toekennings.
  • In die Engelse Premierliga pak Man City en Man United mekaar Sondag. Daar is sewe wedstryde vir môre geskeduleer.
West Ham UnitedvChelseaLondon Stadion14:30
BurnleyvWatfordTurf Moor17:00
Huddersfield TownvBrighton & HoveJohn Smith Stadion17:00
Crystal PalacevAFC BournemouthSelhurst Park17:00
Tottenham HotspurvStoke CityWembley Stadion17:00
Swansea CityvWest BromwichLiberty Stadion17:00
Newcastle UnitedvLeicester CitySt. James’ Park19:30
  • In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel en môre vyf.

Vanaand

Maritzburg UnitedvBaroka FCHarry Gwala Stadion20:00

Môre

Polokwane CityvBidvest WitsOld Peter Mokaba15:30
SuperSport UnitedvCape Town City FCMbombela Stadion15:30
Platinum StarsvKaizer ChiefsRoyal Bafokeng Stadion18:00
Orlando PiratesvAmaZulu FCOrlando Stadion20:15
Ajax Cape TownvChippa UnitedBidvest Stadion20:15

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.