Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Kaapstad-been van die Wêreldreeks is die naweek afgehandel. Die Blitsbokke het al drie hul wedstryde in die groepfase gewen. Dit was teen Rusland, Frankryk en Uganda. In die kwarteindstryd het Suid-Afrika met Fidji afgereken, maar in die halfeind het Nieu-Seeland ons egter met 19-12 pak gegee. In die eindstryd het Nieu-Seeland vir Argentinië met 38-14 afgeransel om as kampioenspan gekroon te word. Suid-Afrika het in die uitspeel om die derde plek vir Kanada met 19-17 afgereken.

 Gholf

  • Die Joburg Ope se vierde ronde het gister by die Randpark-buiteklub in Randburg begin. Spel is halfpad deur die vierde ronde gestaak weens weerlig. Indien die weer dit toelaat sal die toernooi vandag voltooi word. Die jongste voorlopersbord lyk só:
PosSpeler TelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Shubankar Sharma-227-2696165195
2Erik van Rooyen-188-4646770201
3James Morrison-147E647067201
Tapio Pulkkanen-148-1656473202
5Marcus Armitage-138E696667202
Shaun Norris-1310-3696868205
Christofer Blomstrand-137+2706862200
8Dean Burmester-1215-4667368207
  • In die Amerikaanse PGA-reeks is die QBE-spankompetisie in Florida voltooi.
PosSpanTelPutDagRnd1Rnd2Rnd3Tot
1Stricker/ O’Hair-26F-8576964190
2Lowry/ McDowell-24F-6626466192
3Perez/ Harman-22F-8626864194
4Woodland/ Berger-21F-8617064195
Steele/ Bradley-21F-5587067195
Thompson/ Finau-21F-6636666195

  Krieket

  • Engeland se Reeks om die As in Australië het ʼn nuwe wending geneem toe die kolwer, Ben Duckett, geskors is weens sy betrokkenheid in ʼn kroeg-insident die naweek. Hy sou vir Engeland in ʼn tweedagwedstryd teen ʼn Aussie 11-tal gespeel het.
  • Nieu-Seeland en die Windies speel in hul tweede toets teen mekaar. Nieu-Seeland 373 & 212/6 (56.4 bb)

Windies 221

Nieu-Seeland is met 364 lopies voor met nog 4 paaltjies staande in hul tweede beurt.

  • Indië en Sri-Lanka het gister in hul eerste Eendagkragmeting skouers geskuur.

Indië 112 (38.2/50bb)

Sri-Lanka 114/3 (20.4/50 bb)

Sri-Lanka wen met 7 paaltjies met 176 balle oor.

  • In die Ram-Slam T20-reeks is daar gister drie wedstryde gespeel.

Oos-Londen

Warriors 168/5 (20 bb)
Cape Cobras 150/6 (20 bb)

Warriors wen met 18 lopies

Durban

Dolphins 168/7 (20 bb)
Titans 79 (19.4/20 bb)

Dolphins wen met 89 lopies

Johannesburg

Lions 3/0 (1/20 bb)
Knights

Geen uitslag agv van reën.

Tennis

  • Die Spanjaarde, Rafael Nadal en Garbine Muguruza, is aangewys as die internasionale tennisfederasie se Wêreldkampioene vir 2017. Dis die eerste keer, sedert die toekennings 19 jaar gelede begin het, dat albei spelers van dieselfde land as wenners aangewys is.
  • Op Stellenbosch is die Digicall Futures-toernooi In die mans se enkelspeleindstryd het (1) Nik Scholtz met (5) Leny Mitjana (FRA) afgereken. Die telling was 3-6, 6-1 en 7-6. Die vrouetitel is deur (1) Chanel Simmonds ingepalm wat vir Lou Adler (FRA) met 4-6, 7-6 en 6-2 geklop het.

Boks

  • Daar was die naweek oorwinnings in die bokskryt vir:
    • Xolisa Magusha, wat Siphamandla Baleni geklop het, om die SA mini-vlieggewig-kroon te verower.
    • Mzuvukile Magwaca (52,82 kg) het sy IBF interkontinentale kapokgewig-titel behou toe hy Naminië se Immanuel Naidjala (53,02 kg) met punte geklop het oor oor 12
    • Ludumo Lamati (55,34 kg) het afgereken met Alex Boureima Kabore (54,72 kg) en sy IBF interkontinentale junior-veergewigtitel behou.

 Hokkie

  • Tydens die naweek se aksie in die Premier-hokkieliga in Randburg het vier spanne na die halfeind deurgedring. Die Maropeng Cavemen, Drakensburg Dragons, Mapungubwe Mambas en Blyde River Bunters het seker gemaak van hul plek in die halfeind.

Sokker

  • In die Engelse Premier-liga het die twee boonste spanne, Man City en Man United, mekaar onder meer gister gepak.

Manchester United        1 – 2     Manchester City
Liverpool                          1 – 1     Everton
Southampton                   1 – 1     Arsenal

  • In die Plaaslike Premierliga lyk die naweek se uitslae só:

Golden Arrows              0 – 1     Mamelodi Sundowns
Bloemfontein Celtic      3 – 0     Free State Stars
Ajax Cape Town           1 – 0     Chippa United
Orlando Pirates             1 – 1     AmaZulu FC
Platinum Stars              0 – 1     Kaizer Chiefs
Polokwane City             1 – 1     Bidvest Wits
SuperSport United        1 – 1     Cape Town City FC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.