Vandag se sportnuus

Rugby

  • Australië het vanoggend met hul bod begin om die 2027 Rugbywêreldbeker vir mans aan te bied, asook die vrouetoernooi in 2021. Die 2019 Rugbywêreldbeker word in Japan aangebied en die 2023 toernooi in Frankryk.

 Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het slegte nuus ontvang oor hul beserings. Suid-Afrika se speler met die meeste ondervinding, Chris Dry, se kniebesering sal hom vir die res van die reeks op die kantlyn hou.  Siviwe Soyizwapi het ook ’n kniebesering opgedoen en hy sal vir nagenoeg ses weke op die kantlyn wees. Cecil Africa en Seabelo Senatla het ligte beserings opgedoen terwyl Dylan Sage weer gereed is om sy plek in Januarie vol te staan. Die volgende toernooi is aan die einde van Januarie.

Hokkie

  • Die eindstryde in die Premier Hokkieliga is gister in Randburg afgehandel. Die uitslae lyk só:

Vroue-eindstryd:

Orange River Rafters 3-2 (doeluitskietstryd) Private Property St Lucia Lakers

 Mans-eindstryd:

Crossroads Maropeng Cavemen 3-0 ProGrip Drakensberg Dragons

 Swem

  • Suid-Afrika se voorste swemmers sal van 16 tot 22 Desember hul staal in Durban toon tydens die proewe vir aanstaande jaar se Statebond Spele. Die Olimpiese swemmers, Chad le Clos en Cameron van der Burgh, sal deel wees van die 460 swemmers wat gaan poog om in April by die Statebond Spele uit te kom.

 Gholf

  • Op die plaaslike front gaan die spelers ’n ruskans geniet tot in Januarie. Die BMW SA Ope sal van 11 tot 14 Januarie op die Glendower Gholfbaan gespeel word.

 Tennis

  • Die voormalige kampioen, Victoria Azarenka, is deur die organiseerders van volgende maand se Australiese Ope genooi om aan die toernooi deel te neem.

 Krieket

  • Chris Gayle het 18 sesse gemoker en T20-geskiedenis gemaak deur 146 lopies van net 69 balle te moker. Dit was gister in die Bangladesj Premierliga.
  • Indië en Sri-Lanka speel vandag in hul tweede Eendagkragmeting teen mekaar. Sri-Lanka het die eerste kragmeting met 7 paaltjies gewen.
  • In die Ram-Slam T20-reeks word die eerste halfeind vandag gespeel.
VandagTitans (Halfeind 1)vWarriorsSuperSport Park, Centurion18:00
MôreDolphins (Halfeind 2)vCape CobrasKingsmead, Durban18:00
  • Krieket Suid-Afrika het aangekondig dat die 15-man SA onder-19 span deur die Vrystaat se Raynard van Tonder aangevoer sal word. Dié span sal in Januarie en Februarie aan die IKR se o.19-toernooi in Nieu-Seeland deelneem.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand drie wedstryde afgehandel en vanaand word daar sewe gespeel.

Gisteraand

Crystal Palace2 – 1Watford
Huddersfield Town1 – 3Chelsea
Burnley1 – 0Stoke City

 Vanaand:

Swansea CityvManchester CityLiberty Stadion21:45
SouthamptonvLeicester CitySt. Mary’s Stadion21:45
Newcastle UnitedvEvertonSt. James’ Park21:45
West Ham UnitedvArsenalLonden Stadion22:00
LiverpoolvWest BromwichAnfield22:00
Manchester UnitedvAFC BournemouthOld Trafford22:00
Tottenham HotspurvBrighton & HoveWembley Stadion22:00
  • In die Plaaslike Premierliga word daar vandag twee wedstryde gespeel.
Mamelodi SundownsvMaritzburg UnitedLoftus Versfeld19:30
Free State StarsvSuperSport UnitedGoble Park19:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.