Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die derde toets in die Reeks om die As het vanoggend op die Waca in Perth begin. Engeland het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Engelse span het gou hul eerste paaltjie verloor toe Cook moes terugstap vir net sewe lopies. Engeland het hul eerste 50 lopies binne 12 beurte aangeteken. Die Aussies loop met 2-0 voor in die reeks van vyf toetse.

Intussen word dié toets onder ʼn wolk van vrae gespeel nadat die Britse koerant The Sun skokgolwe deur die krieketgemeenskap gestuur het met aantygings van omkopery van spelers deur beroepswedders.

  • Indië en Sri Lanka het gister in hul tweede Eendagkragmeting teen mekaar in Mohali gespeel.

Indië 392/4 (50 bb). Rohit Sharma het 208 lopies van 153 balle gemoker.
Sri-Lanka 251/8 (50 bb).

Indië wen met 141 lopies. Die reekstelling is nou een elk met die derde wedstryd wat Sondag gespeel word.

  • In die Ram-Slam T20-reeks is die eerste halfeind gisteraand gespeel. Die Titans het ʼn gemaklike oorwinning in Centurion behaal om deur te dring na die eindstryd.

Warriors 143 (18.1/20 bb)
Titans 145/2 (15.2/20 bb)

Titans wen met 8 paaltjies (met 28 balle oor)

  • Die tweede halfeindwedstryd word vandag gespeel.
MôreDolphins (Halfeind 2)vCape CobrasKingsmead, Durban18:00
  • Die eindstryd is vir Saterdag geskeduleer met Sondag wat oopgehou word as ʼn spaardag indien dit nodig sou wees.

 Swem

  • Suid-Afrika se voorste swemmers sal van Saterdag in Durban aan die proewe vir aanstaande jaar se Statebond Spele Dié proewe val saam met Kwa-ZuluNatal se swemkampioenskap. Die Statebond Spele word in April aan die Goue kus van Australië aangebied.

 Gholf

  • Dustin Johnson het die jaar in die eerste posisie op die finale ranglys
PosSpelerToernooiPunte
1Dustin Johnson4511.0398
2Jordan Spieth489.7116
3Justin Thomas528.7080
4Hideki Matsuyama498.3635
5Jon Rahm408.3562
22Louis Oosthuizen443.9795
30Branden Grace523.2701
32Charl Schwartzel473.1024
55Dylan Frittelli522.3347

 Shanshan Feng van China is die voorste vrouespeler ter wêreld. Lee-Anne Pace van Suid-Afrika is 110de en Ashleigh Simon 114de. Intussen het die LPGA aangekondig dat daar aanstaande jaar 34 toernooie sal wees met prysgeld van meer as sowat R900 miljoen ($68,75 miljoen).

 Rugby

  • Die All Blacks se kaptein, Kieran Read, sal komende naweek ʼn rugoperasie ondergaan en hy sal eers weer in April terug wees op die rugbyveld.

 Verskeie van die Suid-Afrikaanse Superspanne is reeds hard aan die oefen vir aanstaande jaar se reeks. Die reeks begin op 17 Februarie wanneer drie van ons spanne in aksie is.

17StormersvJaguaresDHL Newlands15:05
17LionsvSharksEmirates Airlines Park17:15

 Fietsry

Chris Froome wat die Tour de France al vier keer gewen het, is positief getoets vir buitengewone hoë vlakke van asmamedikasie. Dié 32-jarige Brit ly van jongs af aan asma maar die internasionale fietryfederasie se perk vir die gebruik van dié middel is in sy geval met meer as dubbel die toegelate vlak oorskry. Die toetse is in September tydens die toer van Spanje gedoen.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand sewe wedstryde afgehandel. Man City het ʼn nuwe rekord van 15 agtereenvolgende oorwinnings opgestel.
Swansea City0 – 4Manchester City
Manchester United1 – 0AFC Bournemouth
Tottenham Hotspur2 – 0Brighton & Hove Albion
West Ham United0 – 0Arsenal
Liverpool0 – 0West Bromwich Albion
Southampton1 – 4Leicester City
Newcastle United0 – 1Everton
  • In die Plaaslike Premier-liga is daar gister twee wedstryde gespeel. Sundowns is nou vyf punte voor op die punteleer ná hul oorwinning van 1-0 oor Maritzburg United. Free State Stars het met 1-0 geseëvier oor SuperSport United.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.