- Die derde toets in die Reeks om die As het vanoggend op die Waca in Perth begin. Engeland het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Engelse span het gou hul eerste paaltjie verloor toe Cook moes terugstap vir net sewe lopies. Engeland het hul eerste 50 lopies binne 12 beurte aangeteken. Die Aussies loop met 2-0 voor in die reeks van vyf toetse.
Intussen word dié toets onder ʼn wolk van vrae gespeel nadat die Britse koerant The Sun skokgolwe deur die krieketgemeenskap gestuur het met aantygings van omkopery van spelers deur beroepswedders.
- Indië en Sri Lanka het gister in hul tweede Eendagkragmeting teen mekaar in Mohali gespeel.
Indië 392/4 (50 bb). Rohit Sharma het 208 lopies van 153 balle gemoker.
Sri-Lanka 251/8 (50 bb).
Indië wen met 141 lopies. Die reekstelling is nou een elk met die derde wedstryd wat Sondag gespeel word.
- In die Ram-Slam T20-reeks is die eerste halfeind gisteraand gespeel. Die Titans het ʼn gemaklike oorwinning in Centurion behaal om deur te dring na die eindstryd.
Warriors 143 (18.1/20 bb)
Titans 145/2 (15.2/20 bb)
Titans wen met 8 paaltjies (met 28 balle oor)
- Die tweede halfeindwedstryd word vandag gespeel.
Môre | Dolphins (Halfeind 2) | v | Cape Cobras | Kingsmead, Durban | 18:00 |
- Die eindstryd is vir Saterdag geskeduleer met Sondag wat oopgehou word as ʼn spaardag indien dit nodig sou wees.
Swem
- Suid-Afrika se voorste swemmers sal van Saterdag in Durban aan die proewe vir aanstaande jaar se Statebond Spele Dié proewe val saam met Kwa-ZuluNatal se swemkampioenskap. Die Statebond Spele word in April aan die Goue kus van Australië aangebied.
Gholf
- Dustin Johnson het die jaar in die eerste posisie op die finale ranglys
Pos | Speler | Toernooi | Punte |
1 | Dustin Johnson | 45 | 11.0398 |
2 | Jordan Spieth | 48 | 9.7116 |
3 | Justin Thomas | 52 | 8.7080 |
4 | Hideki Matsuyama | 49 | 8.3635 |
5 | Jon Rahm | 40 | 8.3562 |
22 | Louis Oosthuizen | 44 | 3.9795 |
30 | Branden Grace | 52 | 3.2701 |
32 | Charl Schwartzel | 47 | 3.1024 |
55 | Dylan Frittelli | 52 | 2.3347 |
Shanshan Feng van China is die voorste vrouespeler ter wêreld. Lee-Anne Pace van Suid-Afrika is 110de en Ashleigh Simon 114de. Intussen het die LPGA aangekondig dat daar aanstaande jaar 34 toernooie sal wees met prysgeld van meer as sowat R900 miljoen ($68,75 miljoen).
Rugby
- Die All Blacks se kaptein, Kieran Read, sal komende naweek ʼn rugoperasie ondergaan en hy sal eers weer in April terug wees op die rugbyveld.
Verskeie van die Suid-Afrikaanse Superspanne is reeds hard aan die oefen vir aanstaande jaar se reeks. Die reeks begin op 17 Februarie wanneer drie van ons spanne in aksie is.
17 | Stormers | v | Jaguares | DHL Newlands | 15:05 | |
17 | Lions | v | Sharks | Emirates Airlines Park | 17:15 |
Fietsry
Chris Froome wat die Tour de France al vier keer gewen het, is positief getoets vir buitengewone hoë vlakke van asmamedikasie. Dié 32-jarige Brit ly van jongs af aan asma maar die internasionale fietryfederasie se perk vir die gebruik van dié middel is in sy geval met meer as dubbel die toegelate vlak oorskry. Die toetse is in September tydens die toer van Spanje gedoen.
Sokker
- In die Engelse Premierliga is daar gisteraand sewe wedstryde afgehandel. Man City het ʼn nuwe rekord van 15 agtereenvolgende oorwinnings opgestel.
Swansea City | 0 – 4 | Manchester City |
Manchester United | 1 – 0 | AFC Bournemouth |
Tottenham Hotspur | 2 – 0 | Brighton & Hove Albion |
West Ham United | 0 – 0 | Arsenal |
Liverpool | 0 – 0 | West Bromwich Albion |
Southampton | 1 – 4 | Leicester City |
Newcastle United | 0 – 1 | Everton |
- In die Plaaslike Premier-liga is daar gister twee wedstryde gespeel. Sundowns is nou vyf punte voor op die punteleer ná hul oorwinning van 1-0 oor Maritzburg United. Free State Stars het met 1-0 geseëvier oor SuperSport United.