- Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Indië word op Nuweland in Kaapstad gespeel. Dag drie is gister uitgewas en geen spel was moontlik nie weens reën. Die Proteas is steeds in beheer van die wedstryd.
Suid-Afrika 286 & 65/2 (20 bb)
Indië 209
Suid-Afrika se voorsprong is 142 lopies met 8 paaltjies staande.
Intussen blyk dit dat Dale Steyn vir die res van die reeks op die krukkelys sal wees nadat hy ʼn voetbesering opgedoen het.
- In Sydney, Australië, is dit dag vyf van die vyfde en laaste toets in die reeks om die AS tussen Australië en Engeland. Australië was in beheer van sake en het Engeland vermorsel.
Engeland 346 & 180/9 (86 bb)
Australië 649/7 verklaar
Australië wen met ʼn beurt en 123 lopies en die reeks met 4-0.
- Vandag speel Nieu-Seeland teen Pakistan in hul tweede eendagwedstryd teen mekaar. Die eerste wedstryd is deur die swart pette gewen.
- In die Momentum-eendagreeks is twee wedstryde gister gespeel.
Willowmoore Park, Benoni
Titans 312/7 (50 bb)
Warriors 208 (38.4/50 bb)
Die Titans wen met 104 lopies.
Wanderers Stadion, Johannesburg.
Lions 237 (49.4/50 bb)
Cape Cobras 241/3 (47.1/50 bb)
Cape Cobras wen met 7 paaltjies (met 17 balle oor).
Motorwedrenne
Die 2018-Dakartydren oor ʼn afstand van 9 000 km het die naweek in Suid-Amerika afgeskop. Die tweede skof is gister oor 278 km afgehandel.
- Motorafdeling
Tweede skof
- Cyril Despres/David Castera (FRA/FRA/Peugeot) 2:56:51
- Stephane Peterhansel/Jean Paul Cottret (FRA/FRA/Peugeot) +48 sek
- Sébastien Loeb/Daniel Elena (FRA/MON/Peugeot) 3:08
- Giniel de Villiers/Dirk von Zitzewitz (RSA/GER/Toyota) 7:26
Algeheel
- Cyril Despres/David Castera (FRA/FRA/Peugeot) 3:21:18
2. Stephane Peterhansel/Jean Paul Cottret (FRA/FRA/Peugeot) + 27 sek
3. Giniel de Villiers/Dirk von Zitzewitz (RSA/GER/Toyota) + 5:44
- Motorfietse
Algeheel
- Joan Barreda Bort (ESP/Honda) 3:18:36
2. Adrien van Beveren (FRA/Yamaha) + 2:30
3. Matthias Walkner (AUT/Ktm) + 4:50
Tennis
- Die Hopman-beker is die naweek in Perth afgehandel. Switserland het met Roger Federer aan die spits vir Duitsland in die eindstryd geklop. Dit is die derde keer dat dié gemengde spankompetisie deur Switserland verower is.
- Gilles Simon het Suid-Afrika se Kevin Anderson in die Maharashtra Ope se eindstryd in Pune, Indië, geklop. Die 33-jarige Fransman het met 7-6 en 6-2 geseëvier.
- Nick Kyrgios het Ryan Harrison met 6-4 en 6-2 geklop om die Brisbane Internasionale Toernooi te verower. Dit was Kyrgios se vierde ATP-titel van sy loopbaan.
Gholf
- In Amerika is die Sentry Toernooi van Kampioene voltooi. Die voorste speler in die wêreld, Dustin Johnson, het sake oorheers.
Pos | Speler | Tel | Put | Dag | Rnd1 | Rnd2 | Rnd3 | Rnd4 | Tot |
1 | Dustin Johnson | -24 | F | -8 | 69 | 68 | 66 | 65 | 268 |
2 | Jon Rahm | -16 | F | -4 | 71 | 70 | 66 | 69 | 276 |
3 | Brian Harman | -15 | F | -1 | 68 | 68 | 69 | 72 | 277 |
4 | Hideki Matsuyama | -14 | F | -7 | 70 | 70 | 72 | 66 | 278 |
Pat Perez | -14 | F | -4 | 72 | 66 | 71 | 69 | 278 | |
Rickie Fowler | -14 | F | -3 | 69 | 71 | 68 | 70 | 278 |
Rugby
- In die Pro14-kompetisie was die Cheetahs die naweek in Italië in aksie, waar twee geelkaarte hulle duur te staan gekom het, en die Kings het in Skotland gespeel.
Munster | 39-13 | Connacht | Thomond Park |
Leinster | 38-7 | Ulster | RDS Arena |
Zebre | 20-40 | Glasgow Warriors | Stadio Lanfranchi |
Ospreys | 29-28 | Cardiff Blues | Liberty Stadion |
Benetton | 27-21 | Cheetahs | Stadio Comunale di Monigo |
Edinburgh | 37-7 | Kings | Myreside |
Scarlets | 47-13 | Newport Gwent Dragons | Parc Y Scarlets |
Sokker
- In die Engelse FA-beker is daar die naweek ʼn rits wedstryde gespeel.
Nottingham Forest 4-2 Arsenal
Tottenham Hotspur 3-0 AFC Wimbledon
Newport County 2-1 Leeds United
Norwich City 0-0 Chelsea
Wol Wanderers 0-0 Swansea City
AFC Bournemouth 2-2 Wigan Athletic
Wy Wanderers 1-5 Preston North End
Exeter City 0-2 West Bromwich Albion
Doncaster Rovers 0-1 Rochdale
Manchester City 4-1 Burnley
Newcastle United 3-1 Luton Town
Aston Villa 1-3 Peterborough United
Queens Park 0-1 Milton Keynes Dons
Fulham 0-1 Southampton
Blackburn Rovers 0-1 Hull City
Bolton Wanderers 1-2 Huddersfield Town
Yeovil Town 2-0 Bradford City
Coventry City 2-1 Stoke City
Watford 3-0 Bristol City
Ipswich Town 0-1 Sheffield United
Stevenage 0-0 Reading
Cardiff City 0-0 Mansfield Town
Birmingham City 1-0 Burton Albion
Millwall 4-1 Barnsley
Brentford 0-1 Notts County
Carlisle United 0-0 Sheffield Wednesday
Middlesbrough 2-0 Sunderland
Fleetwood Town 0-0 Leicester City
Manchester United 2-0 Derby County
Liverpool 2-1 Everton
Vandag speel Brighton & Hove Albion teen Crystal Palace om 21:45.
- In die Plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.
AmaZulu FC 0-2 Chippa United
Bloemfontein Celtic 2-1 Golden Arrows
Vroeër die naweek is ses wedstryde voltooi.
Platinum Stars 0-1 Cape Town City FC
Orlando Pirates 3-1 Baroka FC
SuperSport United 0-0 Kaizer Chiefs
Polokwane City 3-2 Mamelodi Sundowns
Bidvest Wits 0-1 Free State Stars
Ajax Cape Town 1-2 Maritzburg United