Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika en Indië het gister op Nuweland vir vuurwerke gesorg toe daar 18 paaltjies in 64 boulbeurte op dag vier geval het. Die Proteas is vir net 130 lopies uitgeboul wat aan Indië ʼn teiken van 208 lopies gestel het. Vernon Philander het egter 6 paaltjies vir 42 lopies platgetrek om Suid-Afrika te laat seëvier.

Suid-Afrika 286 & 130
Indië 209 & 135 (42.4 bb, teiken was 208)

Suid-Afrika wen met 72 lopies en loop met een nul voor in die reeks van drie toetse.

Intussen het die keurders vir Duanne Olivier en Lungi Ngidi opgeroep na die span as gevolg van Dale Steyn se besering.

  • In Sydney het Australië die vyfde en laaste toets in die reeks om die AS teen Engeland met ʼn beurt en 123 lopies gewen. Die speler van die reeks was Steven Smith.
  • Nieu-Seeland en Pakistan speel vanoggend in hul tweede eendagwedstryd teen mekaar.
  • In die Momentum Eendagreeks staan sake só ná die naweek se aksie.
PosSpanGWVTGUPteNLT
1Titans43100141.016
2Cape Cobras43100140.615
3Dolphins3210090.693
4Highveld Lions513107-0.479
5Warriors413005-0.979
6Knights201103-1.337

Vandag speel die Knights teen die Warriors om 13:30 in Bloemfontein.

Motorwedrenne

Die 2018 Dakartydren se derde skof oor 504 kilometer is gister beslis. Giniel de Villiers het nie ʼn goeie dag beleef nie en het 6de geëindig. Robert Howie van Suid-Afrika was tiende in dié skof. 

Algeheel: In die motorafdeling is Stephane Peterhansel nou die nuwe voorloper met Cyril Despres tweede. De Villiers het teruggesak na die vyfde posisie. Robert Howie is nou 29ste terwyl Hennie de Klerk en Gerhardt Schutte algeheel 31ste is.

Tennis

Op die jongste tennisranglys het Kevin Anderson met drie plekke verbeter en is nou 11de.

PosVeranderingSpelerPunte
10Rafael Nadal10600
20Roger Federer9605
30Grigor Dimitrov4990
40Alexander Zverev4610
50Dominic Thiem4060
113Kevin Anderson2610

Andy Murray, wat al drie keer Grand Slam-kampioen was, het gister ʼn heupoperasie ondergaan. Hy hoop om betyds fiks te wees vir vanjaar se Wimbledon-toernooi.

 Gholf

  • Ná die Sentry Toernooi van Kampioene is Dustin Johnson steeds in die eerste plek op die wêreldranglys.
PosSpelerToernooiePunte
1Dustin Johnson4611.1941
2Jordan Spieth499.0265
3Jon Rahm408.7926
4Justin Thomas528.3032
5Hideki Matsuyama507.8922
24Louis Oosthuizen443.6705
30Branden Grace523.0393
34Charl Schwartzel472.8398
53Dylan Frittelli522.2769

Rugby

  • In die Pro14-kompetisie is die Cheethas steeds derde in Konferensie A.
Konferensie A
PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Glasgow Warriors13120140719221558
2Munster1380538923915043
3Cheetahs11605320312830
4Cardiff Blues13508281328-4725
5Connacht13409260285-2524
6Ospreys13409211327-11621
7Zebre133010271367-9617

 Konferensie B

PosSpanGWGeVPvPtPverPte
1Scarlets13110237921616353
2Leinster13110239921318651
3Ulster13814336327940
4Edinburgh138052862305637
5Benetton Treviso13607232272-4029
6Newport Gwent Dragons132110239444-20514
7Kings110011170428-2584

 Sokker

  • In die Engelse FA-beker is daar gisteraand een wedstryd afgehandel.

Brighton & Hove Albion    2 – 1    Crystal Palace

  • In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

Ajax Kaapstad speel teen Mamelodi Sundowns in Kaapstad om 19:30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.