Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die 107de SA Ope begin vanoggend op die Glendower Gholfbaan in Ekurhuleni. Daar sal 156 spelers meeding in dié tweede oudste Nasionale Ope-toernooi in die wêreld. Die eerste spelers slaan om 06:30 af en die laaste spelers sal om 13:30 op die bof wees.

Die groot gunsteling, Branden Grace, sal saam met Charl Schwartzel en Chris Wood om 12:10 op die bof aantree. Dean Burmester en Dylan Frittelli sal ook fyn dopgehou word nadat hulle laat verlede jaar onder die voorste spelers by die DP Wêreld-toerkampioenskap geëindig het.

Tennis

  • Juan Martin del Potro se voorbereidings vir die Aussie Ope verloop goed. Del Potro het ʼn oorwinning van 6-2 en 6-4 oor Denis Shapovalov by die Auckland Classic behaal.
  • Intussen moes Garbine Muguruza haar aan die Sydney Ope onttrek ná sy ʼn beenbesering opgedoen het. Muguruza is tans die nommer drie-speler in die wêreld. 
  • Nog tennisnuus is dat die assistent-hoof van skeidsregters op Wimbledon, Phil Evans, in beheer van sake sal wees wanneer Suid-Afrika teen Israel in die Davisbeker Die kragmeting sal op 2 en 3 Februarie by die Irene-buiteklub afgehandel word.

Krieket

  • Die MCC Wêreldkrieket-komitee het gister by die Indiese Krieketraad gepleit om die bod te steun om krieket weer as Olimpiese Sport te aanvaar. Daar is laas in 1900 by die Parys Spele krieket gespeel. Groot name soos Ricky Ponting, Mike Gatting, Kumar Sangakkara en John Stevenson het gister in Sydney vergader om die saak te bespreek.
  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië begin komende Saterdag op Supersport Park in Centurion.
  • Engeland se toetskaptein, Joe Root, behoort gereed te wees om Sondag sy plek in te neem vir die eerste Eendag-kragmeting teen Australië. Root was ongesteld tydens die vyfde toets en moes in die hospitaal behandel word.
  • In die Momentum Eendagreeks is een wedstryd gister afgehandel.

Cape Cobras 289/6 (50 bb)
Dolphins 291/7 (50 bb)

Die Dolphins se Robbie Frylinck het twee sesse van die laaste twee balle gemoker om sy span met 3 paaltjies te laat wen.

  • Vandag om 13:30 speel die Warriors teen die Highveld Lions in Oos-Londen.
  • Môre word daar twee wedstryde gespeel:
12Cape CobrasvTitansNuweland, Kaapstad13:30
12DolphinsvKnightsKingsmead, Durban13:30

Motorwedrenne

Die 2018 Dakartydren se vyfde skof oor 266 km is gister beslis. Sebastien Loeb, wat al nege keer die wêreldtydrenkampioen was, het hom aan die tydren onttrek. Die verdedigende kampioen, Stephane Peterhansel, het sy voorsprong tydens dié laaste skof in Peru vergroot. Giniel de Villiers het derde geëindig in dié skof en is algeheel vyfde.

Vandag se sesde skof sluit ʼn spesiale tydtoets van 313 km in en eindig in La Paz.

Rugby

  • Engeland se afrigter, Eddie Jones, is tans in Suid-Afrika om hom self te vergewis van die omstandighede en stadions wat vir Engeland op hul toer deur Suid-Afrika wag. Die Bokke sal in Junie drie toetse teen die Rose speel. Jones het reeds Ellispark en die Vrystaat-stadion besoek. Vandag maak hy ʼn draai op Nuweland.
  • Die Kings en Cheetas speel Saterdag teen mekaar in die Pro14-kompetisie. Die Cheetas sal sonder hul twee senters Francois Venter en William Small-Smith wees wat beide beseer is. 

Sokker

  • In die Plaaslike Premierliga is daar gisteraand een wedstryd gespeel.

Bidvest Wits 2 – 0  SuperSport United

Op die jongste punteleer is Mamelodi Sundowns met vier punte voor.

PosSpanGWGeVerDvDtDverPte
1Mamelodi Sundowns16101527141331
2Cape Town City FC168351815327
3Free State Stars167451817125
4Kaizer Chiefs16583139423
5Orlando Pirates165831412223
6Bloemfontein Celtic156541514123

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.