Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die BMW SA Ope het gister in bewolkte omstandighede op die Glendower-gholfbaan in Ekurhuleni begin. Die Suid-Afrikaners het gesukkel op die oggendveld, maar beter gevaar in die middag.
PosSpelerTellingPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Branden Grace-7F-76565
Chase Koepka-7F-76565
3Chris Paisley-6F-66666
4Erik van Rooyen-5F-56767
Bradley Neil-5F-56767
Nacho Elvira-5F-56767
Richard Sterne-5F-56767
  17Retief Goosen-3F-36969
47Ernie Els-1F-17171
  • In die Amerikaanse PGA-reeks is die Sony Ope se eerste ronde in Honolulu, Hawaii, voltooi.
PosSpelerTellingPutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Chris Kirk-7F-76363
2Vaughn Taylor-6F-66464
Kyle Stanley-6F-66464
Talor Gooch-6F-66464

Motorwedrenne

  • Die 2018-Dakartydren se sesde skof oor 313 km is gister beslis. Carlos Sainz het koning gekraai in die motorafdeling met Geniel de Villers vierde. Antoine Meo, op ʼn KTM, het met die louere weggestap in die motorfietsafdeling.

Stephane Peterhansel is algeheel byna ʼn halfuur voor Carlos Sainz met De Villiers in die vyfde plek. Vandag is ʼn rusdag. 

Tennis

  • Die Australiese Ope begin Maandag in Melbourne en Suid-Afrika se Kevin Anderson is 11de gekeur vir die toernooi. Rafael Nadal is eerste gekeur en Roger Federer tweede. Novak Djokovic, wat al ses keer die kampioen was, is 14de gekeur. In die vroue-afdeling is Simona Halep en Caroline Wozniacki die twee topgekeurdes.
  • By die Sydney Ope het Angelique Kerber haar sewende agtereenvolgende wedstryd gewen en deurgedring na die halfeind. Kerber het Dominika Cibulkova met 6-3 en 6-1 geklop. 
  • Eugenie Bouchard het die jaar goed afgeskop en haar eerste wedstryd met 6-2 en 6-0 teen Destanee Aiava in Melbourne Richard Gasquet het op sy beurt vir Matthew Ebden met 6-4 en 7-6 afgestof. 

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië begin môre op Supersport Park in Centurion. Daar word verwag dat die Proteas weer gaan staatmaak op hul snelaanval. Aiden Markram het gister gesê hy glo die reeks teen Indië leer hom baie omdat hy teen sterker teenstanders speel as voorheen en hy sal ook groot waarde put uit sy openingsmaat, Dean Elgar, se ondervinding.
  • Môre stap Pakistan teen Nieu-Seeland op die veld in hul derde Eendag-kragmeting. Australië en Engeland speel Sondag in hul eerste Eendag-wedstryd teen mekaar.
  • In die Momentum Eendagreeks is daar gister een wedstryd afgehandel.

Oos-Londen

Warriors 306/6 (50 bb)
Lions 309/6 (49.4/50 bb)

Lions wen met 4 paaltjies met 2 balle oor.

  • Daar word vandag twee wedstryde gespeel.
12Cape CobrasvTitansNuweland, Kaapstad13:30
12DolphinsvKnightsKingsmead, Durban13:30

Rugby

  • Die Kings en Cheetahs speel môre in die Pro14-kompetisie teen mekaar. Die Cheetahs sal sonder hul twee senters, Francois Venter en William Small-Smith, wees wat albei beseer is. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre ʼn hele rits wedstryde gespeel.
ChelseavLeicester CityStamford Bridge17:00
West Bromwich AlbionvBrighton & Hove AlbionThe Hawthorns17:00
WatfordvSouthamptonVicarage Road Stadion17:00
Crystal PalacevBurnleySelhurst Park17:00
Newcastle UnitedvSwansea CitySt James’ Park17:00
Huddersfield TownvWest Ham UnitedThe John Smith’s Stadion17:00
Tottenham HotspurvEvertonWembley Stadion19:30
  • In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand twee wedstryde afgehandel.
Ajax Cape TownvPlatinum StarsKaapstad Stadion20:00
Maritzburg UnitedvBloemfontein CelticHarry Gwala Stadion20:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.