Vandag se sportnuus

sportnuusSuperrugby

Verskeie oefenwedstryde sal in die volgende paar dae plaasvind voordat die 2017-kompetisie oor twee weke afskop.

Die eerste wedstryd is op 23 Februarie tussen die Rebels en die Blues.

Op die 24ste speel die Sharks weg teen die Reds, terwyl die Cheetahs op die 25ste teen die Lions speel. Die Kings pak die Jaguars en die Stormers die Bulls.

Sesnasiesrugby

Komende naweek se aksie lyk so:

11        Italië                v          Ierland            Stadio Olimpico            16:25

11        Wallis             v           Engeland        Principality Stadium    18:50

12       Frankryk        v           Skotland         Stade de France             17:00

 

Krieket

Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar môre in Centurion in hul vyfde en laaste  eendagkragmeting van die reeks. Die wedstryd begin om 13:30. SA loop 4-0 voor in die reeks.

Intussen het Krieket SA aangekondig dat dieselfde groep van 14 spelers behou word vir die komende T20- en eendagwedstryde teen Nieu-Seeland. Dane Paterson is bygevoeg by die groep om in te staan vir Dwaine Pretorius wie se vrou hul eersteling verwag.

Toetskrieket

In Hyderabad speel Indië teen Bangladesj in ʼn enkeltoets wat vandag begin.

Sunfoil-krieketreeks

Drie wedstryde skop vanoggend af:

Dolphins                    v Cape Cobras,        Kingsmead, Durban               09:00

Highveld Lions         v Knights,                 Wanderers, Johannesburg   10:00

Titans                         v Warriors,                Willowmoore, Benoni           10:00

 

Vrouekrieket

SA se vroue het gister ʼn 6 paaltjie-oorwinning oor Skotland behaal in die IKR se kwalifiseringstoernooi vir die Wêreldbeker. SA is nou onoorwonne in groep B.

Gholf

In Europa het die Maybank-kampioenskap vanoggend in Maleisië begin. Charl Schartzel speel vir die eerste keer in ʼn lang tyd en baie oë sal op hom gerig wees om te sien hoe hy vaar. Charl is saam met Lee Westwood gegroepeer.

Jaco Ahlers en Thomas Aiken is deel van ʼn groot klomp Suid-Afrikaners wat in aksie is.

Onder die vroeë voorlopers was:

1          Marc Warren                         -6         9          -6

2          Arie Irawan                            -5         10        -5

3          Phachara Khongwatmai     -4         9          -4

4          Hennie Otto                           -3         8          -3

In die VSA slaan die spelers later vandag af in die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië. Tyrone van Aswegen en Rory Sabbatini sal Suid-Afrika verteenwoordig.

Die Kaapstad Vroue Ope se tweede ronde is gister by die Royal Cape Gholfklub gespeel.

Die baansyfer is 74 en die tellings lyk so:

139 – Ashleigh Buhai 71 68 – dit is 9 houe onder die baansyfer

142 – Lee-Anne Pace 74 68

145 – Tandi von Ruben 73 72, Stacy Bregman 72 73

146 – Carrie Park (KOR) 75 71

147 – Bonita Bredenhann (NAM) 74 73, Hannah Arnold (VSA) 73 74

Tennis

ʼn Top internasionale toernooi is deur die Internasionale Tennisfederasie aan Suid-Afrika toegeken. Die 2017 Jong Seniors se Wêreldspan- en Enkelkampioenskap sal van 19 Maart tot 1 April in Kaapstad aangebied word.

Sokker

In die plaaslike Premierliga is vier wedstryde gisteraand gespeel:

SuperSport United     5-2      Golden Arrows

Polokwane City           1-1      Maritzburg United

Bloemfontein Celtic   0-1      Mamelodi Sundowns

Platinum Stars            0-0      Orlando Pirates

In die Engelse FA-beker is een wedstryd gisteraand afgehandel:

Leicester City               3-1      Derby County

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.