Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die derde dag van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië is gister op Supersport Park in Centurion voltooi. Spel is vroeg gestaak ná reën en swak lig. Die kolwers moes hard spook vir lopies.

Teen uitskeityd op was die Proteas op 90/2 wat aan hulle ʼn voorsprong van 118 lopies gee. Dean Elgar met 36 en AB de Villiers met 50 sal vandag voortkolf.

Suid-Afrika 335 en 90/2
Indië 307

  • Nieu-Seeland en Pakistan speel vandag in hul vierde Eendagwedstryd teen mekaar. Die Swartpette het die eerste drie wedstryde gewen.
  • Intussen sal Suid-Afrika môre in hul tweede wedstryd by die 19 Wêreldbeker in aksie wees. Die jong Proteas kom teen die Windies te staan.
  • In die Momentum Eendagreeks lyk die jongste punteleer só:
PosSpanGWVTGUPteNLT
1Dolphins64110210.601
2Titans64200191.067
3Cape Cobras64200180.421
4Highveld Lions6231011-0.392
5Warriors725009-0.730
6Knights503206-1.065

 Tennis

  • Die Australiese Ope het gister afgeskop. Die wêreld se voorste manspeler, Rafael Nadal, het maklik na die tweede ronde deurgedring. Nadal, wat dié toernooi nog net een keer gewen het, het Victor Estrella Burgos met 6-1, 6-1 en 6-1 geklop. Suid-Afrika se Kevin Anderson se toernooi het op die eerste dag geëindig. Kyle Edmund (GBR) het die 11de gekeurde Anderson met 6-7, 6-3, 3-6, 6-3 en 6-3 geklop.

Die derde gekeurde Grigor Dimitrov en die Aussie Nick Kyrgios het hul eerste ronde wedstryde gewen. Die agste gekeurde Jack Sock is egter een van tien Amerikaanse spelers wat op die eerste dag uitgeskakel is.

In die Vroue-afdeling was daar oorwinnings vir die tweede gekeurde Caroline Wozniacki en die vierde gekeurde Elina Svitolina. Van die gekeurdes wat uitgeskakel is, sluit in die vyfde gekeurde Venus Williams.

 Motorwedrenne

Die 2018 Dakar-tydren se laaste week het gister aangebreek. Die negende skof is egter gekanselleer as gevolg van slegte weer.

Algheel in die motorafdeling:

  1. C Sainz, Peugeot 27:04:00
    2. N Al-Attiyah, Toyota +1:06:37
    3. S Peterhansel, Peugeot +1:13:42
    4. B Ten Brinke, Toyota +1:23:00
    5. G de Villiers, Toyota +1:37:09

Algeheel in die Motorfietsafdeling:

  1. A Van Beveren, Yamaha 27:22:03
  2. K Benavides, Honda +22
  3. M Walkner, KTM +6:34
  4. T Price, KTM +7:35
  5. J Barreda Bort, Honda +8:01

 Gholf

  • Ná die SA Ope .is Branden Grace nou 28ste op die wêreldranglys. 
PosSpelerToernooiePunte
1Dustin Johnson4511.2320
2Jordan Spieth498.9259
3Jon Rahm408.6902
4Justin Thomas528.2701
5Hideki Matsuyama507.7447
24Louis Oosthuizen443.5932
28Branden Grace523.3466
34Charl Schwartzel482.7728
53Dylan Frittelli522.2693

 Rugby

  • In die Pro-14 kompetisie is die Cheetahs steeds derde in Konferensie A.

Konferensie A

Pos SpanGWGeVPvPtPverPte
1Glasgow Warriors13120140719221558
2Munster1380538923915043
3Cheetahs127053653333235
4Cardiff Blues13508281328-4725
5Connacht13409260285-2524
6Ospreys13409211327-11621
7Zebre133010271367-9617

Konferensie B

Pos SpanGWGeVPvPtPverPte
1Scarlets13110237921616353
2Leinster13110239921318651
3Ulster13814336327940
4Edinburgh138052862305637
5Benetton Treviso13607232272-4029
6Newport Gwent Dragons132110239444-20514
7Kings120012191473-2824

Sokker

  • In die Plaaslike Premier-liga is Mamelodi Sundowns steeds die voorlopers op die punteleer.
PosSpanGWGeVerDvDtDverPte
1Mamelodi Sundowns17101628171131
2Free State Stars178451917228
3Cape Town City FC178361816227
4Kaizer Chiefs176831510526
5Orlando Pirates176831713426
6Baroka FC176742222025

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.