Vandag se sportnuus

Krieket

  • Dit was gister dag vier van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië op Supersport Park in Centurion. Die Proteas het 258 lopies in hul tweede beurt aangeteken met AB de Villiers wat 80 bygedra het. Dit het aan Indië die taak gestel om 287 aan te teken vir ʼn oorwinning.

Teen uitskeityd was Indië met die rug teen die muur op 35/3. Dit beteken hulle is nog 252 lopies agter met 7 paaltjies staande.

Intussen is Temba Bavuma vrygestel van sy Proteas-verpligtinge om hom by die Cape Cobras aan te sluit vir hul eendagwedstryde.

  • Nieu-Seeland en Pakistan het gister in hul vierde Eendagwedstryd teen mekaar in Hamilton gespeel. Die swart pette het weer gewen en die reekstelling 4-0 gemaak.

Pakistan 262/8 (50 bb)
Nieu-Seeland 263/5 (45.5/50 bb)

Nieu-Seeland wen met 5 paaltjies met nog 25 balle oor.

  • Suid-Afrika speel vandag in sy tweede wedstryd by die 19-Wêreldbeker teen die Windies.
  • In die Momentum-eendagreeks word daar vandag twee wedstryde gespeel.
17Cape CobrasvKnightsKaapstad13:30
17TitansvHighveld LionsBenoni13:30

 Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy derde dag beleef. Daar was maklike oorwinnings vir onder meer die tweede gekeurde Roger Federer asook die negende gekeurde Stan Wawrinka en 14de gekeurde Novak Djokovic. Djokovic was ses maande op die kantlyn met ʼn elmboogbesering.

In die Vroue-afdeling het die eerste gekeurde Simona Halep asook die ongekeurde Eugenie Bouchard deurgedring na die tweede ronde. 

Motorwedrenne

Die 2018-Dakartydren se voorloper, Carlos Sainz, is met 10 minute gepenaliseer  weens gevaarlike bestuurstegnieke tydens die vierde skof. Die 10de skof is gister afgehandel.

In die Motorafdeling het Stephane Peterhansel opgeskuif na die tweede plek toe hy dié skof gewen het. Carlos Sainz is steeds die algehele voorloper met ʼn 50 minute-voorsprong. Nasser Al-Attiyah beklee die derde plek.

In die Motorfietsafdeling was die voorloper, Adrien van Beveren, in ʼn ongeluk betrokke en sy wedren is iets van die verlede. Matthias Walkner is nou die nuwe voorloper.

Gholf

  • Die week verskuif die aandag in die Europese reeks na die Verenigde Arabiese Emiraat. Die HSBC-kampioenskap begin môre in Abu Dhabi.
  • In die VSA slaan die spelers môre af in die CareerBuilder-uitdaging in La Quinta, Kalifornië.

Rugby

  • In die Pro14-kompetisie speel die Cheetahs komende naweek weer teen die Kings. Die wedstryd word in Bloemfontein beslis.
  • Die voorseisoen-wedstryd tussen die Stormers en die Bulls, wat in Los Angeles gespeel sou word, sal nou plaaslik op 3 Februarie op Wellington atgehandel word.
  • Volgens die Franse Media sal die Springbok-agsteman, Duane Vermeulen, in Junie terug wees in Suid-Afrika. Vermeulen verruil dus Toulon vir die WP. 

Sokker

  • Vyf wedstryde is gister in die FA-beker

Reading                    3–0     Stevenage
Mansfield Town       1–4     Cardiff City
Leicester City           2–0     Fleetwood Town
West Ham United    1–0     Shrewsbury Town
Sheffield Wed          2–0     Carlisle United

In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel. Maritzburg United en SuperSport United sal vanaand om 19:30 mekaar in die Harry Gwala Stadion pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.