Vandag se sportnuus

Motorwedrenne

  • Die 2018 Dakar-tydren se 12de skof is gister afgehandel.
    • In die Motorafdeling het Carlos Sainz net negende kon eindig, maar is algeheel steeds 45 minute voor sy naaste teenstander. Giniel de Villiers is algeheel vyfde. Daar bly net twee skofte oor in dié tydren.
  • In die Motorfietsafdeling is Matthias Walkner op sy KTM steeds gemaklik voor.

 Tennis

  • By die Australiese Ope het die tweede gekeurde Roger Federer in baie warm weersomstandighede gemaklik deurgedring na die derde ronde. Federer het vir Jan-Lennard Struff binne twee uur met 6-4, 6-4 en 7-6 geklop. Daar was ook oorwinnings vir Alexander Zverev en Novak Djokovic. Die sewende gekeurde David Goffin en die negende gekeurde Stan Wawrinka is egter uitgeskakel.
  • In die Vroue-afdeling het die eerste gekeurde Simona Halep maklik met Eugenie Bouchard afgereken. Die telling was 6-2 en 6-2. Maria Sharapova, wat ongekeur is, het ook deurgedring na die derde ronde. Die derde gekeurde Garbine Muguruza en die negende gekeurde Johanna Konta moes egter hul tassies pak. 

Krieket

  • Die derde toets tussen Suid-Afrika en Indië begin aanstaande Woensdag op die Wanderers in Johannesburg. Suid-Afrika loop met twee nul voor in die reeks van drie toetse.
  • Intussen is die Indiese kaptein, Virat Kohli, deur die IKR as die internasionale krieketspeler van die jaar aangewys.
  • Drie internasionale eendagwedstryde word vandag gespeel.
    • Sri- Lanka en Bangladesj speel vandag in Mirpur in die derde eendagwedstryd van die driehoekige-reeks teen mekaar. Sri Lanka se kaptein, Angelo Mathews, sal moontlik op die kantlyn wees met ʼn besering.
    • Nieu-Seeland en Pakistan speel in hul vyfde eendagwedstryd teen mekaar in Wellington.
    • Australië en Engeland pak mekaar in Brisbane in hul tweede eendagwedstryd.
  • Suid-Afrika speel môre in hul derde wedstryd in die 19-Wêreldbeker teen Nieu-Seeland. Die jong Proteas het hul eerste twee wedstryde gewen.
  • In die Momentum-eendagreeks word vandag drie wedstryde gespeel.
19Cape CobrasvHighveld LionsPaarl13:30
19DolphinsvWarriorsDurban13:30
19KnightsvTitansKimberley13:30

 Gholf

  • Die eerste ronde van die HSBC Kampioenskap is in Abu Dhabi afgehandel.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Hideto Tanihara-6F-66666
Tommy Fleetwood-6F-66666
3Bernd Wiesberger-5F-56767
Fabrizio Zanotti-5F-56767
Ross Fisher R-5F-56767
Thomas Pieters-5F-56767
Sam Brazel-5F-56767
8Richard Sterne-4F-46868
17Dylan Frittelli-3F-36969
Trevor Immelman-3F-36969
Dean Burmester-3F-36969
Brandon Stone-3F-36969
  • In die VSA is die eerste ronde van die CareerBuilder-uitdaging in La Quinta, Kalifornië, voltooi.
PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Jon Rahm-10F-106262
2Austin Cook-9F-96363
Jason Kokrak-9F-96363
Andrew Landry-9F-96363

Rugby

  • Engeland se afrigter, Eddie Jones, het agt nuwelinge gekies om die huidige Ses Nasies-kampioene in hul eerste kragmeting teen Italië te verteenwoordig.

Engeland sal op 4 Februarie in Rome teen die Italianers op die veld draf.

Sokker

  • Dis môre ʼn besig dag in die Engelse Premierliga met agt wedstryde wat gespeel word.
Brighton & HovevChelseaCommunity Stadium14:30
Leicester CityvWatfordKing Power Stadium17:00
ArsenalvCrystal PalaceEmirates Stadium17:00
EvertonvWest Bromwich AlbionGoodison Park17:00
BurnleyvManchester UnitedTurf Moor17:00
Stoke CityvHuddersfield TownBet365 Stadium17:00
West Ham UnitedvAFC BournemouthLondon Stadium17:00
Manchester CityvNewcastle UnitedEtihad Stadium19:30

In die Plaaslike Premier-liga word vanaand een wedstryd gespeel.

Vandag

Bidvest WitsvBloemfontein CelticBidvest-stadion20:00

Môre

Cape Town City FCvAjax Cape TownKaapstad-stadion15:30
Free State StarsvMaritzburg UnitedGoble Park15:30
Mamelodi SundownsvPlatinum StarsLoftus Versfeld18:00
AmaZulu FCvSuperSport UnitedKoning Zwelithini-stadion20:15
Orlando PiratesvPolokwane CityOrlando-stadion20:15

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.